Verified Reviews
Dinokeng
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Dinokeng
Rated 4.4 out of 5 based on 429 reviews.
"Dinokeng is 'n wonderlike plek, natuurlike rustige plek vir 'n samekoms met familie en vriende. Dinokeng sal ons vir seker weer sien in die toekoms, veral die resort self."
"Traffic on the R573 is hectic. Most of the way is one lane and if you turn off it is quite hard to get back on. The general roads around the area are really not great so a car with adequate ground clearance is recommended. Make sure your spare tyre is checked and adequate as one could easily get a puncture. The game reserve is quite nice with a wide variety of game but a bit costly unless one is spending a full day there."
"Ek hoop net volgende keer om meer van die Groot 5 te sien. Maar keep up the good service, truly amazing."
"Dinokeng is n lieflike reservaat met die Groot 5 op jou drumpel in Pretoria! Die personeel was vriendelik en hulpvaardig!"
"Baie vriendelike en behulpsame mense wat by die betaal punte werk, baie diere te sien en piekniekplekke skoon en netjies, ook nie te besig as mens op die self drive roetes ry nie. Al het ons nie al die Groot 5 gesien nie het ons die leeus gesien en sommer nog baie ander wild. Perfek vir n wegbreek wat nie te ver van Johannesburg of Pretoria is nie."
"Verbasend min mense weet van Dinokeng vir een of ander rede. Kan nie glo hoe bosveld dit is net buite Pretoria nie. Een van ons gunsteling-naweekbestemmings geword met soveel kampterreine en plekke om te bly. Gaan almal probeer."
"Definitief die plek om heen te gaan vir 'n rustige wegbreek."
"Daar is soveel om te doen en te sien en 'n naweek is net te kort."
"Die R320 fooie was ongelukkig 'n mors van geld. Ons het feitlik geen diere gesien nie en middagete by die Kingfisher restaurant was 'n groot teleurstelling."
"The reserve is a great place to travel, however one needs to get a reliable lodge to book in."
"Mystic Monkeys and Feathers is definitief 'n plek wat die hele familie kan gaan sien. Baie verskillende diere en voëls om te sien."
"Nabygeleë en bekostigbaar vir almal met baie om te sien en te doen."
"A nice variety of game and although you may not see all of the big five (which they have) you will not be disappointed. Now one doesn't need to travel out of Gauteng for a game reserve experience."
"Kruger Wildtuin bly koning maar minder as 'n uur se ry vanaf Pretoria maak Dinokeng 'n uitstekende bestemming. "
"Die Boekenhoutkloof pad kan beslis doen met 'n skraap. Die selfry-fooi moet na gekyk word met betrekking tot meer as drie dae, asook die besluit voor die tyd van wanneer jy gaan ry. Dit sal baie help indien jy 'n vasgestelde bedrag betaal en dan kan ry wanneer jy wil (solank dit ook net nie 'n buitensporige bedrag is nie). Die hekwag by die Wildernis Roete hek is nooit teen 06:00 soggens aan diens nie. Ons was twee keer teen net na 06:00 by die hek met niemand om te help nie. Dit sal beslis veroorsaak dat mense onwettig die selfry-roetes sal gebruik."
"Pragtige plek met verskillende dele om verskillende wilde diere te sien. Rustig en perfek om jou dag te spandeer."