Geverifieerde Resensie
Drakensberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Drakensberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1172 resensies.
"Goeie toerismebestemming net jammer die provinsiale paaie na en van die plek is in ‘n haglike toestand. Om in die nag te reis is lewens gevaarlik."
Champagne Castle, Drakensberge
Bell Park Semi Self Catering"Monk's Cowl is 'n gunsteling by ons gesin. Dit is die beginpunt van verskeie staproetes, van rustig tot moeilik. Mense hoef nie ver te stap om die eerste waterval of woud te sien nie. Die pad is goed, teerpad, en mens kan tot daar kom met 'n sedan. Ongelukkig kon ons nie vanaf Drakensberg Sun stap nie as gevolg van vlak 2-regulasies, bel eerder vooruit om te hoor of hulle dit toelaat."
"Fouriesburg is baie klein, maar met alles wat ek glo jy kan nodig kry. Blykbaar is baie plekkies net naweke oop."
"Fantasties en ons beplan reeds 'n volgende verkenning en verblyf in die omgewing."
"Lieflike berge, asemrowende uitsig, 'n lus vir die oog. Dankie here die Drakensberge is in Suid-Afrika."
Champagne Castle, Drakensberge
Swallowfield Rondavels"Dit is te besig vir ons behoeftes, ons verkies die stil en rustige atmosfeer."
"Heel gepas is ons straatnaam: Golden Gate. Dus voel ons tuis. Die Vrystaatse Drakensbergarea is een van die mooiste plekke in ons land. Sentraal geleë. Dit is nie te ver van enige plek af nie."
"Clarens se sandsteenrotsformasies is uniek en pragtig! Die Drakensberge bied 'n baie groot verskeidenheid ontspanning en besoekplekke met besonder mooi natuurtonele."
Champagne Castle, Drakensberge
Berghaven Cottages"Baie om te doen en pragtige, rustige, vreedsame natuurskoon."
"Pragtige natuurskoon en eindelose mooi bestemmings en besienswaardighede. Die Oos-Vrystaat, Clarens en Golden Gate is ‘n moet op enige iemand se “bucket list.”"