Geverifieerde Resensie
Drakensberg, South Africa
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Drakensberg, South Africa bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 4382 resensies.
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
Zwartmodder"Is 'n heerlike wegbreek met oulike winkels en eetplekke omring deur pragtige berge! Die bier/gin plek in die hoofstraat is 'n definitiewe móét en net so die Roter Haan restaurant in die straat net agter! Duitse kos uit die boonste rakke!"
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
V'Kansi Khaya"Kort 'n supermark wat kaartbetalings aanvaar. Verder 'n fantasmagoriese dorp."
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
Kiara Lodge"Pragtige plek. Veel eerder daar bly as om weer by Kiara Lodge te bly."
Ladybrand, Drakensberge, Suid-Afrika
Cranberry Cottage"Ladybrand is nou 'n vuil verwaarloosde dorp waarvan die strate vol slaggate is, en die geboue verniel en afgeleef. Eintlik ongelooflik dat die stadsraad personeel elke dag deur die dorp ry, en net tevrede is met die verval van die dorp. Die woord wat toeriste in die restaurant gebruik het was shocking. Dis 'n jammerte."
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
Villa Vista Bonita 63"Maak gerus 'n draai by Heather van Afriski vir enige toere wat jy in die omgewing wil aanpak, vanaf Clarens na Lesotho en vele meer."
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
Linwood Guest Farm"Clarens is 'n pratige klein dorpie. Dis lekker om net jou voertuig te parkeer en die dorp plat te loop, baie vriendelike mense daar, lekker kos en die oulikste winkels. Daar is definitief 'n ietsie vir almal en dan nog ook die mark op Saterdae, ongelooflik!"
Fouriesburg, Drakensberge, Suid-Afrika
Rustica Accommodation"Lyk na 'n rustige dorpie waar 'n mens kan uitspan."
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
Clarens Escape"Ons is baie lief vir hierdie dorpie en gaan kuier baie graag gereeld daar as ons bietjie afskakel tyd van die stad nodig het."
Champagne Vallei, Drakensberge, Suid-Afrika
Dragon Peaks Mountain Resort"Was so amazing! Volgende keer wil ons in die somer kom."
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
De Ark Mountain Lodge"Baie oulike dorpie, het dit baie geniet, omgewing ook pragtig. Ons kom van die Laeveld af, maar dit was vir ons 'n anderste mooi gewees. Daar is dalk 'n tekort aan iets vir die manne om te doen."
Fouriesburg, Drakensberge, Suid-Afrika
Goedgeleë"The view of the terrains were breathtaking.we also got to visit the town. And the 9 min drive to the Lesotho border. It's a very peaceful and calm place that my family and I enjoyed thoroughly."
Noordelike Drakensberge, Drakensberge, Suid-Afrika
Kwaggashoek Game Ranch"Dit is baie mooi. Sal weer op 'n volgende geleentheid die Drakensberge besoek, net nie Kwaggashoek nie."
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
Clarens Lakeview Cottage"Dit is werklik 'n pragtige dorpie. Die strate kan bietjie aandag geniet. Hiermee bedoel ek dit kan dalk geskraap word."
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
Fairview Cottages"Asemrowende mooi plek, sal beslis weer kom kuier!"
Himeville, Drakensberge, Suid-Afrika
Dunford's Loft"Best place to stay if you want to visit Sani Pass."
Champagne Vallei, Drakensberge, Suid-Afrika
Bell Park Semi Self Catering"Beautiful scenery! Surprises all over."
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
Fairview Cottages"Geen Capitec OTM nie en ook nie 'n skoon supermark nie."
Van Reenens Pass , Drakensberge, Suid-Afrika
Pyramids Motel"Van Reenens Pass is net 'n deur roete na Durban, en daar gaan nie veel aan in die dorp nie."