Verified Reviews
Dullstroom
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Dullstroom
Rated 4.5 out of 5 based on 779 reviews.
"Die winkels wat leeg staan, bekommer my. Hoop nie die plek loop dieselfde paadjie as Pelgrims nie."
"Ek en my seun is van Kaapstad af, ons was in Dullstroom vir 'n troue. Alhoewel ons baie lekker gekuier het vir die 5 dae, was dit vreeslik koud gewees, maar die meeste van die eet plekkies het binnehuise kaggels of verwarmers. Die mense in die dorpie self is baie vriendelik en behulpsaam. Die lug is baie vars en skoon en dit is 'n ideale plekkie om uit die gejaag van die stad te kom."
"Die oulikste dorpie met die mees interressante winkeltjies wat 'n mens net nie genoeg van kan kry nie! Die mense is so vriendelik en die beste is dat dit so dierevreindelik is - daar was verskillende winkeltjies wat waterbakke buite gehad het vir die honde wat verby kom en water wil drink - oulik!"
"Mense is vriendelik, 'n dorpie met pragtige natuurskoon. Ons sal Dullstroom enige tyd aanbeveel as mense net wil rustig raak en ontspan. "
"Pragtige dorp, toeruste vriendlik, skoon en veilig. Ek wens die ander dorpe in ons land kan by hulle kom leer."
"Ons hou baie van Dullstroom en sal aanhou soontoe gaan. Ons kuier altyd baie lekker en eet ook net so lekker. Naby genoeg vir 'n vinnige wegbreeknaweek of sommer net vir 'n daguitstappie."
"Dullstroom is heerlik om om in rond te stap en die verskillende winkels te besoek. Ons het byvoorbeeld 'n baie lekker agtermiddag gespandeer by Wild About Whiskey."
"Dullstroom is better for weekend getaways. The majority of shops only open from midweek. Most restaurants we were interested in closed at 17:00. "
"I suggest a relaxed stroll along the main road to enjoy the atmosphere and shopping."
"Oor algemeen 'n baie aangename toeristebestemming, daar moet miskien net gedink word om meer eetplekke na 17:00 oop te hou."
"Dullstroom as dorp het in die afgelope agt jaar baie agteruitgegaan, maar dit bly steeds 'n goeie bestemming vir 'n vinnige wegbreek."