Verified Reviews

Dullstroom

All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Dullstroom

Rated 4.5 out of 5 based on 815 reviews.

Dullstroom

Longview Ranch

"Gaan eet beslis by Pickles & Things Bistro - die diens is vriendelik en kos uitmuntend. lieflike en vriendelike dorpie."

Dullstroom

The Beagle’s Nest

"Daar is oulike winkeltjies, restaurante en heelwat besienswaardighede in die dorpie en iets vir almal om te doen. Dis nie te ver van Johannesburg af nie, so maklik vir 'n naweek om weg te breek. "

Dullstroom

Longview Ranch

"Rustig, kunstig en ontspanne."

Dullstroom

Muddlers Minnow

"As die munisipaliteit net iets aan die paaie kan doen! Verder 'n lieflike plek, wonderlike restaurante en winkels."

Dullstroom

The Rose Cottage B&B

"Ons is baie lief vir Dullstroom en gaan teen minste 2 keer 'n jaar daarheen."

Dullstroom

Muddlers Minnow

"Heelwat om te sien en te doen in die omgewing. Kyk gerus vooraf op Google en maak seker dat jy nie op iets uitgemis het nie. "

Dullstroom

The Beagle’s Nest

"Rather expensive. "

Dullstroom

Mahanaim

"Dullstroom is 'n "-aai" plekkie: vir herlaai, ronddraai en besaai met vriendelikheid!"

Dullstroom

Suikerbekkie

"Pragtige dorpie!"

Dullstroom

Valley of the Rainbow Fly Fishing Estate

"Die House of Whiskeys se jenewerproe is die moeite werd, asook Charlie S se Dullstroom-ontbyt."

Dullstroom

Treeferns Trout Lodge

"Pragtige plekkie!"

Dullstroom

Mahanaim

"Heerlik. "

Dullstroom

Woolly Bugger Farm

"Dullstroom bied baie lekker eetplekkies, maar die winkeltjies is nie meer soos 20 jaar terug nie. Die brouwery (laaste winkel aan die linkerkant van Pretoria se kant af) is lekker om die biere te proe, maar die pryse is hoog vir matige kos. Gaan koop kaas by die kaaswinkel (eerste kompleks aan die regterkant van Pretoria se kant af), forel by Millies (laaste winkel regs vanaf Pretoria) en tamatie- en vyekonfyt by Cat and Cow (Tonteldoos). Koop maar die res van jou kos by die huis. Daar is 'n oulike kunsvlieghengel-winkel met alles wat jy nodig het en baie vriendelike diens (êrens in die middel). Restaurante maak nie almal vroeg oop nie, Ou Transvaal is vroeg oop en bied goeie waarde vir geld en 'n kaggel, en oorkant die straat, langs die wafelplek, is hulle ook vanaf 7 uur oop met 'n heerlikke variasie van ontbyte en oulike goed om te koop ... en 'n kaggel!"

Dullstroom

The Beagle’s Nest

"Kunstige dorpie, maar 'n mens gaan tog nie vir die winkels en restaurant nie, maar vir die kaggelvure, rooiwyn en forel!"

Dullstroom

Delagoa Dullstroom Cottage

"Die natuuraktiwiteite en padaanwysings buite die dorp kon beter geadverteer word onder meer die pad na die Verloren Vallei-natuurreservaat. Baie winkeltjies was op Maandae en Dinsdae gesluit en teleurstellend. Daar is caie eetplekke, maar ons sou graag 'n groter verskeidenheid winkeltjies wou sien. Verder baie rustig en lekker gerus. Die omgewing is lieflik met grasvelde, vleilande, riviertjies en damme."

Dullstroom

The Rose Cottage B&B

"Ons is gek oor Dullstroom, gaan kuier gereeld in hierdie dorpie."

Dullstroom

Longview Ranch

"Dullstroom is 'n baie lekker vakansiedorpie en om daar rond te loop. Dit is net 'n bietjie duur vir ons arm Suid-Afrikaners. "

Dullstroom

Alm-Ü

"Dullstroom is interessant en was lekker om tussen al die winkeltjies rond te loop. Eetplekke is ook heerlik."

Dullstroom

Longview Ranch

"Mooi dorpie."

Dullstroom

Mahanaim

"Dullstroom is oulik en snaaks om oor te bly vir 'n dag of twee. Maar dis 'n plekkie waardeur mens ry omdat jy op pad is na iewers beter. Die uiteet opsies in Dullstroom is wel enige foodie se droom, en behoort deeglik verken te word. Gaan besoek beslis op 'n leë maag. Die Mastercard gaan seerkry, maar magtag, 'n mens leef net een maal. Eet is lekker, baie eet is baie lekker."

Dullstroom

Treeferns Trout Lodge

"Dis 'n klein besige dorpie met baie om te sien. Ons was verbaas oor die keuse tussen 23 restaurante. Dullstroom word verseker beter onderhou en ontwikkel as die ander klein dorpies in die area."

Dullstroom

StoneFly Cottages

"Dit is die oulikste plekkie. Ek sal graag weer gaan."

Dullstroom

Valley of the Rainbow Fly Fishing Estate

"Roads need to be upgraded in Dullstroom and its surrounds."

Dullstroom

Muddlers Minnow

"Wat 'n heerlike, pragtige klein dorpie. Dit is ook honde-vriendelik. Love dit! Baie om te doen en te sien in en om die omliggende omgewing. "

Dullstroom

Mahanaim

"Dullstroom is 'n besonderse rustige plekkie in Mpumalanga wat die toeris so baie bied om te geniet. Daar is 'n verskeidenheid restaurante en winkels wat iets van alles onder die son aanbied. Handgemaakte sjokolade, heerlike koffiebone, die lekkerste biltong en natuurlik 'n dorpie met 'n hotel uit die boonste rakke. Al die personeel is vriendelik en behulpsaam met heerlike koel weer en forel-teëlplase."

Dullstroom

Delagoa Dullstroom Cottage

"Oulike dorpie en lekker uiteet-restaurante. Ongelukkig bitter min kunsvlytwinkels wat tipiese eie aan Dullstroom geskentjies verkoop. Alles African so dis baie vir die toeristemark. Nie baie vir ons plaaslike mense soos bv. Clarens nie."

Dullstroom

Delagoa Dullstroom Cottage

"My eerste keer in Dullsroom weens 'n troue. Sal verseker terug kom."

Page
Page 25 - Showing 721 to 750

Welcome to LekkeSlaap

Guest account already exists

Reset your password?

Join our newsletter!

Create an account to manage your bookings

Log in to your LekkeSlaap account linked to

It looks like you already have a guest account. Please log in to verify your identity before we set up your host profile.

Enter your email address to get started

Subscribe to receive special offers