Verified Reviews
Escape From Cape Town
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Escape From Cape Town
Rated 4.6 out of 5 based on 16056 reviews.
Gansbaai, Escape From Cape Town
49 on Cliff"Lovely environment, the kids could go on their bikes with little supervision. No unnecessary traffic along the beach. It was bliss."
"Vir plaaslike toeriste moet pryse aangepas word. Nie net plaaslik nie, maar ook nasionaal."
Worcester, Escape From Cape Town
Palm la Vie"Pragtige, historiese dorp met ’n pragtige omgewing en naby verskeie ander Bolandse dorpe."
Citrusdal, Escape From Cape Town
Marcuskraal Chalets"Die dorp is bietjie vervalle met slegte teerpad vol gate en vullis wat oral rondlê. Maar seker die tekens van die tye met baie plattelandse dorpe wat so agteruitgaan. Baie van die besienswaardighede vir toeriste was toe soos die Sandveldhuisie en die warmwaterbron het nie dagbesoekers toegelaat nie. Weet nie of dit was omdat ons buite seisoen aan die einde van Februarie daar was nie, en of dit as gevolg van Covid was nie."
Kleinmond, Escape From Cape Town
Rondawel by die See"Pragtig geleë tussen berg en see. Een van Kleinmond se voordele is dat dit boonop maklike daguitstappies na 'n verskeidenheid kusdorpe en besienswaardige plekke moontlik maak."
Struisbaai, Escape From Cape Town
Vidi's Place"Ons het 'n lekker koffiewinkel gemis. Die parke afdeling kan gerus aandag gee aan die vuurtoring en aangrensende geboue en omgewing."
Struisbaai, Escape From Cape Town
StruisVogel"Daar is nog baie ontwikkeling aan die gang, maar nie "disruptive" nie."
St Helena Bay, Escape From Cape Town
Rienks Beach Nook"Pragtige, stil dorp. Sal graag daar wou woon as ek eendag geld gaan wen."
"Nie veel te doen of sien in Malgas nie, veral as die pond nie werk nie. Mense met bote sal seker die rivier goed kan benut. Dis maar droog en vaal in die omgewing in Februarie. Die rivieroewer is wel groen met mooi voëllewe."
Gansbaai, Escape From Cape Town
Tourist Lodge Gansbaai"There are not many vegan/vegetarian friendly restaurants nearby. It can be a struggle to find meals."
McGregor, Escape From Cape Town
Betty Boop Kothuis"Die mense van McGregor is oor die algemeen baie vriendelik en hulpvaardig. McGregor het vier voetslaanpaaie deur die dorp wat verby verskeie ou geboue gaan. As 'n mens die argitektuur wil sien van die 1800's dan sal McGregor nie teleurstel nie. Die Temenosoord is 'n moet-besoek. Vra gerus die bestuur om deur die tuin te gaan stap vir 'n besondere ervaring. McGregor bied heelwat eetplekkies aan waar geëet kan word, elk 'n unieke ervaring. Eseltjiesrus, die oord vir donkies en esels wat nie meer produktief kan werk nie is 'n besondere ervaring om te besoek. Die pottebakkery het verskeie potte te koop wat 'n juweel sal wees in enige huis. Daar is buite McGregor 'n wynproe-geleentheid of twee. Vir 'n naweek is daar beslis meer as genoeg om te doen, maar McGregor se lekker is juis in die lekker van niks doen en ontspan."
Gansbaai, Escape From Cape Town
McLaren Self-catering"Daar is baie besienswaardige naby McLaren Huis. Die heuning tannie was erg bedagsaam. Die Jolly Rooster se gin was fantasties en die restaurant net langs die McLaren House se kos was 5 ster."
St Helena Bay, Escape From Cape Town
Pier Pleasure"Die plaaslike winkeltjie in Britanniabaai is goed toegerus indien jy iets vergeet het, want hulle is maar redelik ver van al die groot winkels af."
St Helena Bay, Escape From Cape Town
Beachway on Golden Mile"Heerlike wegbreekplek. Vriendelike mense, en lekker ontspanne atmosfeer."
Bredasdorp, Escape From Cape Town
Rooftops"Dis 'n pragtige dorp wat ek beslis weer sal wil besoek!"
"Ek sal beslis weer na Ceres toe kom. Dit is 'n baie oulike dorpie en het my hart beslis gesteel."
Paternoster, Escape From Cape Town
Dune Ridge Main House"Baie mooi area, maar smouse is ’n groot probleem. Ook baie vuil strate met rommel wat op die strand en voor restaurante lê. Ek vermoed dat diefstal 'n probleem kan wees en sal nie alleen langs die strand gaan stap nie."
Vredenburg, Escape From Cape Town
Villa Laluna Nera"Beautiful and calm area with everything close by."
Yzerfontein, Escape From Cape Town
83 Dassen Island"Heerlike plek. Vriendelike mense en lekker see."
Struisbaai, Escape From Cape Town
Seewaarts"One of the best locations in the Western Cape. I love the ocean temperature and beautiful beaches. The place has so much to offer in terms of things to do and has the best fish and chips spots I’ve been. I visit Struisbaai once a year because of this."
Paternoster, Escape From Cape Town
Gilcrest Place Guest House"Baie lekker plek met vriendelike mense."
Agulhas, Escape From Cape Town
Rus 'n Bietjie"Agulhas is absolutely beautiful. The different colours of the two oceans are clearly visible. It's an amazing site to see."
Paternoster, Escape From Cape Town
Bahia"My gunsteling plek om weg te breek. Verkies enige tyd akkomodasie in Die Kom area."
Montagu, Escape From Cape Town
Rainbow Glen Guest Cottages"Gratis trekkerritte as jy Cape Dry Fruit besoek op ’n Saterdag- of Sondagoggend om 11:00."