Verified Reviews
Escape From Cape Town
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Escape From Cape Town
Rated 4.6 out of 5 based on 16426 reviews.
Clanwilliam, Escape From Cape Town
Clanwilliam Hills Dam House and Flat"Rooibostee-winkel was veral ‘n goeie ervaring en leersaam, met uitstekende personeel! Superspar uitstekend vir inkopies. "
Velddrif, Escape From Cape Town
47onWaterkant"Die wind kan baie sterk waai aan die Weskus en erg onplesierig wees, maar op die dae wat die wind nie waai nie, is dit heerlik by Dwarskersbos strand en Bokkomlaan."
Dwarskersbos , Escape From Cape Town
Gousblom 6"Daai plek se mense is so vriendelik. Baie lekker plek om net rustig te wees."
L'Agulhas, Escape From Cape Town
12 on Golf"Was nog altyd my gunstelingplek by die see, Struisbaai en L'Agulhus. Die see se kleur verander aanhoudend deur die dag en die strande en dorpies is baie skoon. Mense baie vriendelik."
Dwarskersbos , Escape From Cape Town
Dwarslêbos"Wonderlike bestemming as jy wil wegkom van die stad, maar nie ideaal as jy nie van stilte en rustigheid hou nie."
Caledon, Escape From Cape Town
Caledon Grace"Die gastehuis is so romanties en almal het ons warm en hartlik verwelkom. Ons kan net baie dankie se vir die heerlike kuier."
Kleinmond, Escape From Cape Town
Uiteindelik"Baie stil. Die eetplekke was min. My tyd daar was beperk. Daar mag verrassings wees."
Klapmuts, Escape From Cape Town
Bona Vista Self-Catering Accommodation"Daar is talle toeriste-aantreklikhede in die area."
McGregor, Escape From Cape Town
Yellowstone Cottages"McGregor is vir mense wat regtig wil relax in 'n baie mooi dorpie, mooi berge en mense. Die restaurante is baie vriendelik en het lekker kos. My probleem is die pottebakery-plek het hulle werksure voor op die hek, maar was die hele naweek toe. In die dorp voor die kerk is 'n groot bord wat die tye van Lords gee. Ons het op 'n aaklige 10 km-grondpad uit McGregor gery. Toe ons by Lords aankom was daar 'n bord by die hekwat sê: close 2pm. Sal nooit weer na Lords toe gaan nie. Ek is 'n kunsmens en skilder self. Ek het regtig gedink ek gaan kuns sien - net die mooi huisies dit is al. Die mense op McGregor sal naweke hulle winkels moet oopmaak of die publiek die regte tye gee wanneer hulle oop is. Ons het ver gery en geld spandeer en die dorp is toe. Sal nooit weer my voet in daai dorp sit nie. "
Montagu, Escape From Cape Town
Rainbow Glen Guest Cottages"Beautiful, historical, peaceful little town."
Kleinmond, Escape From Cape Town
Seaside Historical Cottage"Behalwe vir die hawe is dit maar stil met min opsies. Lekker vir 'n dagrit eerder as oorslaap."
Hermanus, Escape From Cape Town
The Lily House"Dorp teen die see met alle moontlike fasiliteite en pragtige versteekte, veilige strande."
Slanghoek, Escape From Cape Town
Kliphout @ Platbos Log Cabins"Beeldskone berge en natuurskoon. Uitstekende wynroete."
Koringberg, Escape From Cape Town
Cottage 1 @ Vleidam Guest Farm"Stilte, weg van stad/dorp se geraas. Lekker klein en baie mooi."
Betty's Bay, Escape From Cape Town
Crassula"Bettysbaai is propvol historiese geskiedenis, die mooiste staproetes in die berg, die pragtige strande en dan natuurlik die opwindende diere van pikkewyne na walvisse en selfs as jy gelukkig genoeg is mag jy dalk net die luiperde ook raakloop. Definitief iets om te beleef."
Melkbosstrand, Escape From Cape Town
Lavender House and Sunshine Cottage"Baie nice plek om weg te breek en te ontspan, vriendelike diens, alles is so gemaklik ek sal beslis weer kom."
Yzerfontein, Escape From Cape Town
Swept Away Guesthouse"Daar behoort meer karavaanstaanplek by die see ook te wees."
Jongensfontein, Escape From Cape Town
Aloe View Homestay"Besigheidsure oor naweke is uit oude doos!"
Langebaan, Escape From Cape Town
On the Beach 2"Sal vir seker weer in Langebaan gaan vakansie hou. Die dorp is skoon en het alles wat jy op vakansie benodig."
Citrusdal, Escape From Cape Town
Bosrivier Campsite"Probeer maar wegbly uit die winkels op 'n Saterdagoggend, behalwe as jy bereid is om in baie lang toue by die supermarkte te staan."