Verified Reviews
Escape From Cape Town
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Escape From Cape Town
Rated 4.6 out of 5 based on 16534 reviews.
Hermanus, Escape From Cape Town
Hermanus Heights Villa"Dis was 'n lekker veillige plek. Die kinders het hulle omtrent geniet."
Langebaan, Escape From Cape Town
Croeso Guest House"Langebaan as dorp vertoon baie netjies en skoon. Daar kan egter meer gedoen word om alle strate duidelik van straatname te voorsien. Ons moes 'n paar keer navraag doen omtrent die roete wat ons moes volg om by ons bestemming te kom. Aangesien ek hardhorend is, maak ek nie van GPS gebruik nie, en moet ek basies my instink volg om ons bestemming te kon kry."
Hoog-En-Droog, Escape From Cape Town
110 Main, Paarl"Pragtige omgewing en baie besoekpunte is stapafstand."
Still Bay West, Escape From Cape Town
Ankergooi"Stilbaai is een van die juwele van die Suid-Kaap, 'n móét vir elke reisiger."
Worcester, Escape From Cape Town
Esperance Farmstay @ Manor"Baie dag uitstappies in die area. Oulike eetplekke en natuurlik wynplase."
Elands Bay, Escape From Cape Town
E'bay Apartments"Hulle moet 'n OTM kry, want ons wou geld trek maar kon nie 'n OTM kry nie."
Caledon, Escape From Cape Town
Die Pastorie"'n Lus vir die oog. Ons was in Augustus daar, wat effens koud was, maar is absoluut beloon met ongelooflike natuurskoon. Die kanola is dan in blom en dit is die mooiste gesig! Caledon is 'n juweel van 'n dorp met lekker doendinge, natuurlik ook die heerlike Caledon warmwater bronne, Onthou om swemklere in te pak, Caledon hou nie aan nie."
Jongensfontein, Escape From Cape Town
Dassie Singel Self-catering Units"Die klein winkeltjie en restaurant is buite seisoen nie baie great nie, maar Stilbaai het alles en meer wat jy nodig het."
Paternoster, Escape From Cape Town
Bahia"Ongelooflike mooi plek langs die Weskus. Wat nogal opvallend is, is dat daar geweldig baie kinders op straat loop en vir geld vra en ook goed aan jou probeer verkoop."
Clanwilliam, Escape From Cape Town
Clanwilliam Hotel"Verbasend was al die doendinge in Clanwilliam Saterdagmiddag gesluit. Wupertal winkel, Rooibosfabriek, ens. Dis blommekyk tyd, sekerlik is daar baie ander toeriste wat soos ons voel."
St Helena Bay, Escape From Cape Town
The Whale Tale Villa"Pragtige stil en veilig vir stap, fietsry, naby Paternoster, Die Palm sentrum en Velddrif wat wonderlike restaurante bied."
Paternoster, Escape From Cape Town
Sea Shack"Pragtige dorpie, vir seker die moeite werd om te sien!"
Malmesbury, Escape From Cape Town
Rust en Vrede"Malmesbury is die hoofstad van die Swartland, waar meeste van die land se koring verbou word asook kanola. So dis nie 'n tipiese toeriste dorp nie, maar landbou dorp. Maar dis pragtig in Augustus/September, die kanola blomme in volle blom, agter lê die berge met sneeu pieke, as jy gelukkig is. Alle winkels hier, van Pick 'n Pay, Checkers, Spar tot Woolworths Foods by die Engen."