Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 16056 resensies.
Rawsonville, Ontsnap Uit Kaapstad
La Bri Guest House"Daar is baie padwerke in en om Rawsonville, wat dit vir 'n mens moeilik maak om by jou bestemming uit te kom, veral as jy nie weet waar jou verblyfplek is nie. Andersins is Rawsonville 'n pragtige, landelike dorp met mooi wingerde. Voorwaar 'n plek om by af te pak."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Aloha 3"Baie lekker plek met 'n groot karakter. Goeie eetplekke en baie om te sien. "
Barrydale, Ontsnap Uit Kaapstad
The Blue Cow Barn – Boutique Farm Accommodation"Mooi plattelandse dorpie, vriendelike mense, lekker eetplekke, baie om te ervaar."
Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad
Haven of Peace & Garden Cottage"Hermanus is beautiful but not in season when traffic is very congested. "
Franschhoek, Ontsnap Uit Kaapstad
Centre-Ville Guest House"Altyd 'n goeie bestemming vir die wyn- en kosliefhebber!"
Robertson, Ontsnap Uit Kaapstad
De Hoop Cottages"Puik omgewing om wynplase te besoek en wyn te proe. Inwoners baie vriendelik en behulpsaam. "
Elandsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Ons Huisie"Baie rustige plek met min mense. Strande is ongerep en jy 'n surfer is, en die branders loop, is die "left break" skynbaar iets om oor huis toe te skryf. As jy een is vir "shopping" en winkels, hou maar verby. Dit is egter wat die plek so goed maak vir afskakel en net rustig wees. Moet egter nie die hotel se hamburgers misloop nie; moer lekker -en die Witmosselpot restaurant en coffee shop is baie gesellig."
"Dit is 'n baie rustige bestemming. Daar is baie plekke binne ry-afstand om te besoek."
Bredasdorp, Ontsnap Uit Kaapstad
De Volkshuijs"Beslis die moeite werd, baie mooi dorpie in die Overberg. Was verras. "
Jongensfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
Little Rock Guest House"Die beste! Enig in sy soort! Uniek! Kos vir my siel!"
Citrusdal, Ontsnap Uit Kaapstad
Cedar Escape"Citrusdal het bo verwagting voldoen aan al ons benodighede. Verskeidenheid aktiwiteite in Citrusdal omgewing is 'n definitiewe pluspunt."
Riebeek-Kasteel, Ontsnap Uit Kaapstad
La Montagne Lodge"Ek het as kind koshuis bygewoon op Riebeek-Wes en dit was verskriklik lekker om weer vir die eerste keer na 31j jaar terug te kom hiernatoe. "
"Baie mooi dorp, kan prag foto's neem, goeie wyn, nie te veel om te doen nie, dus goeie plek om te rus. "
Swartland, Ontsnap Uit Kaapstad
Die Uilhuisie"Weet nie veel van die geweste nie, maar ons gaan verseker terugkeer om die gebied verder te verken! "
Robertson, Ontsnap Uit Kaapstad
De Hoop Cottages"Robertson is 'n pragtige dorp met alles reg daar, dis nie nodig om verder te ry en te gaan soek na iets elders nie. Vriendelike mense. Sal beslis weer daar deurry."
Langebaan, Ontsnap Uit Kaapstad
Paradise Beach Langebaan 9 Elara"Langebaan is regtig baie lekker vir vakansietye - so asemrowend vir uitsig en rus!"
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Baywatch Villa and Cottage"Meer vermaak vir kinders en jongmense soos byvoorbeeld putt-putt-bane. "
Silversands, Ontsnap Uit Kaapstad
Sol y Sombra"Very quite and reminds you how seaside towns used to look with gravel roads and all. Great fishing, mussels and friendly faces."
Pearly Beach, Ontsnap Uit Kaapstad
Pearly Beach Cottage"Pearly Beach is 'n baie lekker stil dorpie om na weg te breek. Dit is beslis die moeite werd om daar te gaan afpak vir 'n vakansie."
Jacobsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Verdoesie"Dit sou ideaal gewees het as daar 'n winkeltjie was wat bietjie meer bied. Jy moet alles saamvat of sentrum toe ry en eintlik kom mens om weg te kom van alles."