Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 16054 resensies.
Barrydale, Ontsnap Uit Kaapstad
Barrydale Karoo - Boutique Hotel"Baie oulike dorp, maar die restaurante in Barrydale maak almal vroeg toe - so 4 uur die middag, so sorg dat jy betyds daar kom, anders moet jy na die naaste dorp (Swellendam of Montagu) ry vir aandete."
Langebaan, Ontsnap Uit Kaapstad
Catalina Cottage"'n Heerlike vakansiedorp met al die geriewe wat nodig is om die vakansie ten volle te geniet. Eetplekke is fantasties."
Kleinbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Great White Accommodation"Good travel destination to get away from the crazy city life."
"Montagu is 'n baie rustige dorp. Daar is baie plekke naby om te besoek en dinge om te doen."
Kleinmond, Ontsnap Uit Kaapstad
Lekkerus"Kleinmond is 'n baie veilige omgewing met lae misdaad waarvan ons bewus is. Die infrastruktuur is in 'n goeie toestand en die kus bied baie vir die besoeker. Dit is sentraal geleë, maar sonder die gewoel van Hermanus of die Kaap. Dit het goeie verbindingsroetes na weste, ooste en noorde. 'n Winkelsentrum en vulstasie sorg vir die nodige koopbehoeftes."
Struisbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Annie's"Baie lekker plek. Ek en my familie het die langnaweek terdeë geniet aangesien dit ons eerste keer in die plek was."
Gansbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Oom Piet Accommodation"Gansbaai is 'n gesellige dorp. Dit voel glad nie soos 'n toeristebestemming nie. Franskraal en De Kelders voel meer so a.g.v. die vakansiehuise. Gansbaai het meer gevoel soos 'n dorp met hul "locals", maar dit maak nie mens se ervaring enigsins sleg nie. Ons het wel baie lank gewag vir ons kos by 'n spesifike restaurant, maar die kos was die moeite werd. Die ander plek waar ons loop eet het, was weer baie vinnig met net net sulke heerlike kos, so Gansbaai met sy verblyf en restaurante kan vir enigiemand aanbeveel word."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Sea Shack"Lekker klein plattelandse dorpie met groot karakter! Altyd 'n besoek werd."
Port Owen, Ontsnap Uit Kaapstad
Laaiplek Hotel"Lyk na 'n lekker plekkie om vir 'n paar dae te gaan ontspan en batterye te herlaai."
Jongensfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
Tidal Pools Self-catering Apartments"'n Absolute weggesteekte juweel."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Seekat on Malmok"Lief Paternoster , sal enige dag daar wil aftree. Mense in Paternoster is uniek."
De Hoop Nature Reserve, Ontsnap Uit Kaapstad
Aloe Cottage"Dit kort meer verskeidenheid van wild en nie net bokke, volstruise en paar zebras nie. Natuur was andersins baie mooi, veral langs die kus. "
Clanwilliam, Ontsnap Uit Kaapstad
Hangnes @ Boskloof Swemgat"Moet net nie op maand einde in die dorp kom nie."
"Baie rustig en tog baie om te doen, lieflike bymekaarkomplekke soos The Bush Pub en The Boat House. Sal dit definitief aanbeveel by vriende en familie."
"Montagu is 'n pragtige dorpie. Heerlike restaurant, padstalle en koffiehuise om van te kies en te keur. Net 5 minute buite Montagu is 'n "animal sanctuary" wat lieflik is vir kinders. Saterdagoggend se markie op die dorp moet jy ook nie mis nie!"
Worcester, Ontsnap Uit Kaapstad
Da Rooms Accommodation"Die instituut vir blindes is definitief n besoek werd - die handewerk wat die blindes doen is baie oulik en kreatief."
Robertson, Ontsnap Uit Kaapstad
De Hoop Cottages"Robertson is pragtig en daar is so baie om te sien en doen. Uit te kom uit stadsgewoel. Mense is vriendelik en behulpsaam en daar is niks wat jy nie kan kry wat jy benodig."
Citrusdal, Ontsnap Uit Kaapstad
Bosrivier Campsite"There are plenty of places to stay in and around Citrusdal to explore the town and its beautiful country and mountain surroundings. "
De Kelders, Ontsnap Uit Kaapstad
Amazing Grace B&B"Pragtige kusdorp met baie hoekies en staproetes. So baie om te doen en naweek net te kort."
Langebaan, Ontsnap Uit Kaapstad
Au Plais De Langebaan Palm Tree Villa B&B"Uitstekende gebied vir toeriste."