Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 16534 resensies.
Jacobsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
A Whispering Whale"Pragtige natuur en dit is rustig met nie baie mense nie. Ongelukkig is daar nie 'n lang strand om op te stap nie, maar 'n mens kan wel op paadjies tussen die pragtige Weskus-plantegroei stap. "
Velddrif, Ontsnap Uit Kaapstad
Vicolo Pellicano"Geweldig beïndruk met Velddrif. Velddrif is ongerep, die mense sout-van-die-aarde, lieflike mense. Nie kommersieel soos omringende dorpies nie. Bokkomlaan met die stofstraat regs langs die vlei bekorend met o.a. die interessante winkel, Ek en Djy Vissery asook Flamingo Trading Post waar ons heerlike vars engelvis oor die kole gebraai en geniet het asook die gashere Mark en Petra. Ek het onmiddellik begin uitkyk vir eiendom."
Langebaan, Ontsnap Uit Kaapstad
Accommodation Unwind"Pragtige plekkie, ideal vir klein kindertjies om te swem in die lagoon. Heerlike eetplekke. "
"Lieflike en rustige dorpie langs die kus, sal weer teruggaan, ideaal vir 'n vakansie en vir die vissermanne."
Klapmuts, Ontsnap Uit Kaapstad
Tuinhuis"Klapmuts het heelwat wynplase. Die vlinderplaas is 'n moet en as jy iets vir onthaal nodig het, is daar 'n Checkers en drankwinkel so 3 km van die plek af. 'n 24 uur-Pick 'n Pay is ook by die vulstasie beskikbaar."
Citrusdal, Ontsnap Uit Kaapstad
Marcuskraal Campsite"Die Citrusdal-area bied so baie vir die toeris. Die omgewing is so mooi!"
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Strandlopertjie"'n Mens sal net verwag dat restaurante gedurende die feesseisoen later as 21:00 sal oop bly! "
Melkbosstrand, Ontsnap Uit Kaapstad
Watersedge 3"Dis een van ons gunsteling vakansiebestemmings in die Kaap en ons sal definitief weer gaan."
Robertson, Ontsnap Uit Kaapstad
De Hoop Cottages"Heerlike wynplase - Graham Beck en Spingfontein, asook Karnskop en De Wetshof. "
Bredasdorp, Ontsnap Uit Kaapstad
Ou Werf"Hierdie dorpie is lekker sentraal vir uitry na die verskillende strande toe. Sal definitief weer daar 'n draai maak."
Clanwilliam, Ontsnap Uit Kaapstad
Bovlei Guest Farm"Van die plekke wat ons besoek het wat ek kan aanbeveel is: Wupperthal, Leipoldt se graf, die tronkmuseum, Die Rooibostee Huis, Venterklip Farm Pub, Elandsbaai (rotstekeninge), Lambertsbaai en Nancy's Tea Room. Van die plekke is nie duidelik aangedui nie, so maak seker dat jy eers uitvind voordat jy ry. Hierdie plekke sluit Heerenlogement en Bodam, asook die Anglo-Boereoorlog Grotte en Elandsbaai se se rotstekeninge in. "
Piketberg, Ontsnap Uit Kaapstad
Cottage 1 @ Vleidam Guest Farm"Plekke wat ons besoek het gedurende ons verblyf en wat ek kan aanbeveel is Riebeeck-Kasteel, Tulbagh en Alles Verloren-wynplaas."
Riebeek-Kasteel, Ontsnap Uit Kaapstad
La Montagne Lodge"Riebeek-Kasteel is reeds een van my gunstelingbestemmings in die Wes-Kaap. Ek is bly ek het besluit om dit met familie van Gauteng te deel."
Swellendam, Ontsnap Uit Kaapstad
33 Berg Self-Catering"Beautiful buildings and scenery, a must see for anyone on the wine route."
Melkbosstrand, Ontsnap Uit Kaapstad
Bontkop B&B"Pragtige omgewing en strand. Dit is baie teleurstellend om te sien hoe besoekers die strande bemors en hoeveel gemors op die strand uitspoel."