Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 16534 resensies.
De Kelders, Ontsnap Uit Kaapstad
On the Rocks B&B"De Kelders is so 'n netjiese en stil dorpie – voorwaar 'n rusplek vir die gejaagde persoon van die stad. Vriendelike mense en baie hulpvaardig."
Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad
Fisherhaven Traveller's Lodge"Hermanus is regtig 'n mooi plek en baie rustig. Baie besienswaardihede en dinge om te doen! Ek voel dat daar nog moeite gedoen kan word aan die diversiteit van die omgewing. "
McGregor, Ontsnap Uit Kaapstad
Boesmanskloof - Die Galg Thatched Roof Cottages"McGregor het aangename teetuine. Daar is genoeg winkels om die nodige voorraad te kry, maar die gebrek aan kettingwinkels gee nog die plattelandse gevoel. Die dorp se hoofstraat is mooi."
"Witsand is 'n pragtige plek en ek het absoluut my hart daar verloor. Ek beveel dit sterk aan."
Swellendam, Ontsnap Uit Kaapstad
Moolmanshof Main House and Self-Catering Accommodation"Pragtige dorpie met vele restaurante en vriendelike mense."
St. Helenabaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Fisherman's Cottage"Baie netjiese dorp en daar is 'n mens weg van die alledaagse gejaag van 'n groot dorp."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Sea Castle 1"Beweerde misdaad waarteen almal ons gewaarsku het, is ontrustend en dit bring 'n negatiewe aspek in by die verblyf, want ons kon nie werklik ontspan en rus nie. "
Port Owen, Ontsnap Uit Kaapstad
Joan's Place"Dit is soos 'n miniatuur V&A Waterfront – pragtig en veilig. "
Worcester, Ontsnap Uit Kaapstad
PALM LA VIE"Die historiese gedeelte van die dorp is 'n besoek werd. Dis net jammer vir al die sekuriteitsheinings. Sou graag die ou NG Kerk se binnekant wou sien, maar alles was agter slot en grendel. Die Kleinplasie-museum en dorp se Klein Karoo-natuurtuin is beslis 'n besoek werd."
McGregor, Ontsnap Uit Kaapstad
Vredenhof Cottages"Pragtige toeristedorpie. Die area bied baie om te doen. "
Franskraal, Ontsnap Uit Kaapstad
Perriwinkle Self-catering Accommodation"Heerlik! Die dorp sal kan doen met 'n lekker restaurant."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
The Loft"Mooiste vakansiebestemming. Net jammer dat van die restaurante 'n redelike arrogante houding het as jy net 2 mense is. "
Wolseley, Ontsnap Uit Kaapstad
Big Sky Cottages"Stunning views, beautiful views of vineyards and mountains."
Clanwilliam, Ontsnap Uit Kaapstad
Clanwilliam Hotel"Ons het Clanwilliam gebruik as basis vir 'n toer van die omgewing wat ideaal was. Dis in 'n pragtige omgewing geleë en ons het die inwoners besonder vriendelik beleef en hulpvaardig gevind. Dis grootliks 'n arm gemeenskap en tog was daar nêrens bedelaars wat ons op straat lastig geval het soos waaraan ons in Gauteng gewoond is nie. Lieflike plek en wonderlike mense."
"Die area is fantasties - daar is so baie om te sien en die uitsig is so mooi om elke hoek en draai. Daar is hordes oulike padstalletjies, selfs 'n "craft"-bierbrouwery en die see is maar net 'n halfuur weg!"
Barrydale, Ontsnap Uit Kaapstad
The Blue Cow Barn – Boutique Farm Accommodation"Die ete by die Mez was heerlik. Bespreek wel voor die tyd. Hulle was baie vol."