Verified Reviews
Escape From Cape Town
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Escape From Cape Town
Rated 4.6 out of 5 based on 15801 reviews.
Swellendam, Escape From Cape Town
Aviento Guesthouse"Die mooiste plekkie tussen die berge, met die lekkerste pizza's by Woodpecker."
Franschhoek, Escape From Cape Town
Franschhoek Country Cottages"Bied die toeris werklik baie. Natuurskoon, kuns, wyn, heerlike restaurante."
Bredasdorp, Escape From Cape Town
Andra's Self-catering Accommodation"Mense in Bredasdorp baie beleefd en vriendelik. Dorpie skoon en netjies."
Jongensfontein, Escape From Cape Town
Seesig Chalets"Fantastiese plek, my droom om daar te kan bly. Stilbaai beslis ons gunsteling."
Swellendam, Escape From Cape Town
Aanhuizen Guest House"Die Wildebraam Berry Estate is 'n goeie stop om te maak! Lekker proe van likeurs en ingelegde lekkerte!"
Yzerfontein, Escape From Cape Town
61 Lutie Katz"Heerlike vakansiedorp en al die nodige winkels (Spar, apteek ens.). Pragtige staproetes en heerlike seelug. Mooi loop- en swemstrand. Lekker naby aan Kaapstad (net so 'n uur se rustige ry). Pasop vir die kameras!"
Franschhoek, Escape From Cape Town
Centre-Ville Guest House"Die dorp is baie mooi en daar is baie plekke om te besoek."
Langebaan, Escape From Cape Town
Flamingo Park A2"Ek is mal oor Langebaan, hou daarvan om vir 'n naweek daar uit te span. "
Rawsonville, Escape From Cape Town
La Bri Guest House"Rawsonville is 'n rustige dorpie. Behalwe vir die wynplase in die omgewing is daar nie veel om te doen nie. Voldoende vir 'n luilekker rustige naweekwegbreek. "
Worcester, Escape From Cape Town
The Prime Spot"Word aanbeveel vir besoek aan wynplase en pragtige omgewing."
Montagu, Escape From Cape Town
Montagu Vines Guesthouse"Hierdie dorpie het my hart gesteel! Dis pragtig en silwer skoon. Ou sjarme begroet jou om elke hoek en draai."
Villiersdorp, Escape From Cape Town
De Villiers Country Lodge"Die mense is absoluut gasvry en vriendelik. Elke persoon wat ons teëgekom het, het ons gegroet. Hulle was bewus ons is gaste in hul dorp."
Paternoster, Escape From Cape Town
Strandlopertjie"Paternoster is rustig. Die kreefsmouse kan effe lastig raak. Anders baie stil en ontspannend. Lieflike plekkie."
Paternoster, Escape From Cape Town
Sea Shack"Paternoster is 'n tipiese vissersdorp en heerlike vakansiebestemming. Behuising is net baie duur in vergelyking met ander plekke."
Jacobs Bay, Escape From Cape Town
Beach Blessings Self-catering"I understand that in the spring it is absolutely beautiful, but when we were there - March/April - arid! But it does have a beauty of its own. "
Robertson, Escape From Cape Town
De Hoop Cottages"Ons was gelukkig om 'n troue in die ou N.G. Kerk by te woon. Wat 'n wonderlike ou gebou! Die diens daar het bygedra tot ons goeie herinneringe aan Robertson en omgewing. Ons sal beslis weer die omgewing besoek!"
Montagu, Escape From Cape Town
Anchorage Inn Guesthouse"Ek is mal oor Montagu as toeristebestemming. So baie mooi plekke om te besoek. Ons het geëet by die Montagu Hotel en dit was 'n wonderlike ervaring. Sowat van goeie diens en voortreflike kos. Daar is soveel te sien wat kuns en handwerk aanbetref in Montagu en die omgewing is ook mooi. "
Jongensfontein, Escape From Cape Town
Leben Seehuisie"Ek het die see nog nooit so mooi gesien nie."