Geverifieerde Resensie
Escape From Durban
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Durban bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 4042 resensies.
"Mooi dorpie met lekker eetplekke. Die vleilande is pragtig en baie diere te sien in twee reservate. Die strande is skoon en nie oorvol nie. En die weer was heerlik warm in Julie!"
"Die strand en promenade was elke dag skoon, en stappies vroeg in die oggende was veilig."
"'n Pragtige dorpie met 'n mooi strand, heerlike eetplekkies en oulike roomyswinkel. Die strandmeer (wat direk agter die strand geleë is) se water ruik onaangenaam - ons vermoed dit is weens die oorstromings wat onlangs plaasgevind het. Ons hele gesin het 'n maagsiekte opgedoen - ons vermoed dit kon dalk van die strandmeer se vuil water in die see gewees het wat ons so siek gemaak het."
"At the moment there are a lot of road works coming home but not so bad being the weekend."
"Ek is mal oor Uvongo. Dis lekker rustig met alles wat jy nodig het. Die strande is skoon en netjies."
"Ek hou baie van die Suidkus, veral in Junie en Julie. Dit is nie so warm soos in die somer nie."
"Mal oor Umhlanga, lekker vibe, veral by die village. Ek is net bly ek hoef nie elke dag met 'n handrat kar daar rond te ry nie. Lekkere baie bulte en opdraendes by interseksies. Sal weer terug kom Umhlanga toe."
Port Edward, Ontsnap Uit Durban
Sea Breeze self-catering Accommodation"Die weer was fantasies. Kon lekker in die see swem in die middel van die winter."
"Riolering blyk oral in die Manabe/Margate/Uvongo omgewing 'n probleem te wees; heelwat dreine wat oorloop, ens. Maar die strand by Manaba was skoon en heerlik."