Verified Reviews
Escape From Durban
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Escape From Durban
Rated 4.4 out of 5 based on 4282 reviews.
South Coast, Escape From Durban
Oceanic"Ek hou baie van die Suidkus, veral in Junie en Julie. Dit is nie so warm soos in die somer nie."
"Mal oor Umhlanga, lekker vibe, veral by die village. Ek is net bly ek hoef nie elke dag met 'n handrat kar daar rond te ry nie. Lekkere baie bulte en opdraendes by interseksies. Sal weer terug kom Umhlanga toe."
"Margate het baie agter uitgegaan, ek onthou die dorp as van die besigste en lekkerste plek om te gaan vakansie hou. Ons het ver moontlik uit die dorp gebly, baie gewilde winkels was leeg, moontlik deur Covid veroorsaak. Baie hartseer!"
Port Edward, Escape From Durban
Sea Breeze self-catering Accommodation"Die weer was fantasies. Kon lekker in die see swem in die middel van die winter."
"Heelwat nabye strande kan ook besoek word - beurtkrag is natuurlik vir almal 'n kopseer."
"Riolering blyk oral in die Manabe/Margate/Uvongo omgewing 'n probleem te wees; heelwat dreine wat oorloop, ens. Maar die strand by Manaba was skoon en heerlik."
South Coast, Escape From Durban
Rocky Bay Resorts Caravan Park"Baie lekker, maar die rommel is stadig besig om 'n probleem te raak!"
"Pragtige ongerepte natuur. By hek na Cape Vidal. Klomp opsies van swem- en visvangstrande."
Southbroom, Escape From Durban
San Lameer Villa 2008"Southbroom is a few kilometers away from San Lameer, and is a lovely village with a good beach."
"Besoek Margate een maal 'n jaar vir die laaste 31 jaar. Die natuurskoon is fantasties maar die dorp self het baie agteruitgegaan. Die snuffel en spesialiteitswinkels van vroeër jare bestaan nie meer nie. Dit is maar dieselfde wat gebeur met dorpe wanneer winkelsentrums gebou word. Ons het onveilig gevoel om deur die dorp te ry so ek sal nie sommer daar stap nie maar as jy die area ken en weet waar om te swem, kuier en shop sal jy die tyd geniet."