Geverifieerde Resensie
Escarpment
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escarpment bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1019 resensies.
"Pragtige dorpie vol verrassings. Dis jammer dat soveel van die restaurante en besighede swaarkry onder die druk van Covid-19. Van ons gunstelingwinkeltjies is nie meer daar nie."
"Dullstroom is 'n wonderlike wegbreekplek. Mooi eetplekke, koffiewinkels, ens. Met ons aankoms het die regering weer drankverbod ingestel wat die totale atmosfeer bederf het. Restaurante was leeg. Verblyf baie goed, maar dorp stil."
"Ons was daar oor 'n Maandag en Dinsdag en alles was toe! Hier en daar was winkeltjies oop en het dit vreeslik geniet."
"Mal oor Dullstroom. Pragtige klein dorp met die mooiste berge. Verseker 'n bestemming om heen te gaan om te ontspan."
"Bestuur versigtig om die slaggate te verhoed. Besoek die restaurant, Diggers. Hulle kos en diens was fenomenaal."
"Lovely little place to visit, close to JHB and Kruger. Best place to stay over when you travel to Kruger or Limpopo or Mpumalanga."
"Die omgewing is pragtig en daar is baie te doen vir natuurliefhebbers, maar Waterval-Boven sowel as Machadodorp gaan ten gronde."
"Jammer dat die stadsraad nie die paaie onderhou nie, so 'n mooi dorp wat nie onderhou word nie."
"It's our once a year getaway. Dullstroom is an amazing destination."
"Awesome golf course at Highlands Gate. All the restaurants are friendly and efficient."
"Dit was eintlik heerlik omdat dit nie so erg besig is soos gewoonlik nie. Dullstroom is altyd 'n treffer, as jy die skare kan vermy."
"Dullstroom is 'n great bestemming, die dorp is vol geprop met whiskey, bier en kaas besighede, alles maklik te vinde en daars baie om te doen in die omliggende area."
"Ons spandeer minstens een naweek per jaar daar vir die laaste 15 jaar. Vergelyk dit altyd met Clarence en 8/10 keer gaan ons terug na Dullstroom."
"Dullstroom is so 'n amazing plekkie om bietjie weg te kom. Pragtige wêreld en lekker weer as jy van koue hou."
"Baie eetplekke en ander interessante winkeltjies. Alles binne loopafstand. Baie gewilde besoekplek. Ideale omgewing vir forel hengel."
"Lekker plek uit die stad en baie shops en eetplekke. Gaan na die Birds of Prey, dit is a must. Dullstroom is ’n lekker plek en lekker weer om te ontspan."