Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 7972 resensies.
"Langenhoven Park lyk of daarvan vergeet is deur die munisipaliteit. Al die strate is oortrek met slaggate in so 'n mate dat jy maklik kan dink dit sal beter wees om die straat eerder stofstrate te maak. Met my besoek was daar ook hope vullis sakke opgehoop. Ek hoop van harte dit was verwyder die volgende dag."
"Bloemfontein is goed ingerig om enige besoeker besig en tevrede te hou met al die ontspanning wat aangebied word."
"Lovely atmosphere of the town. Was very overcrowded though, restaurants did not seem to keep to the regulations and social distancing. Takeaway was the preferred option. Had nice hand crafted goods and the golden gates highlands national park is beautiful with spectacular views"
"Lekker kuierdorpie. Geen vervelige oomblik daar nie en aangesien ons gastehuis omtrent in die dorpie was, kon ons gaan rus indien nodig. Net 'n vinnige stappie."
"Pragtige omgewing en natuurskoon. Al die staproetes was netjies gemerk, deeglik onderhou en besonder skoon. Ons sal beslis Clarens weer besoek"
"Wonderlike dorp met baie vriendelike mense en 'n asemrowende uitsig."
"Cute little main road with stores. We didn't do much else. It seems that most of the attractions are adventurous outings and shopping."
"Ons eerste besoek aan Bloemfontein en het ons tyd daar geniet. Voorwaar die Rosestad."
"Ek bly by die kus, maar Clarens is ‘n skoonheid op sy eie! Lieflike plek, goeie kos en oulike winkels."
"Ek het ietwat meer van die dorpie verwag. Die kern van die dorpie was besig met ons aankoms, baie restaurante en klein winkeltjies wat allerlei goedjies verkoop. Nogtans dink ek meer kan met die dorp gedoen word (meer onderhoud), dit blyk 'n gewilde toeriste aantreklikheid te wees, met al die aktiwiteite wat buite die dorp aangebied word. Definitief geen tekort aan blyplek nie! Dalk is Clarens 'n bietjie "over-rated"?"
"Die dorp self gaan baie agteruit, soos maar met die res van die kleiner dorpe in SA. Plase rondom Heilbron is pragtig en daar is vooruitgang."
"Gaan besoek gerus die kerk en kyk na die standbeelde en versteende hout."