Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 7949 resensies.
"Pragtige omgewing en natuurskoon. Al die staproetes was netjies gemerk, deeglik onderhou en besonder skoon. Ons sal beslis Clarens weer besoek"
"Wonderlike dorp met baie vriendelike mense en 'n asemrowende uitsig."
"Cute little main road with stores. We didn't do much else. It seems that most of the attractions are adventurous outings and shopping."
"Ons eerste besoek aan Bloemfontein en het ons tyd daar geniet. Voorwaar die Rosestad."
"Ek bly by die kus, maar Clarens is ‘n skoonheid op sy eie! Lieflike plek, goeie kos en oulike winkels."
"Ek het ietwat meer van die dorpie verwag. Die kern van die dorpie was besig met ons aankoms, baie restaurante en klein winkeltjies wat allerlei goedjies verkoop. Nogtans dink ek meer kan met die dorp gedoen word (meer onderhoud), dit blyk 'n gewilde toeriste aantreklikheid te wees, met al die aktiwiteite wat buite die dorp aangebied word. Definitief geen tekort aan blyplek nie! Dalk is Clarens 'n bietjie "over-rated"?"
"Die dorp self gaan baie agteruit, soos maar met die res van die kleiner dorpe in SA. Plase rondom Heilbron is pragtig en daar is vooruitgang."
"Gaan besoek gerus die kerk en kyk na die standbeelde en versteende hout."
"Die natuur is pragtig en so rustig. Lekker verskeidenheid restaurante om van te kies. Interessante winkels om te besoek."
"Lieflike naweekplek. Ons gaan elke jaar oor die tyd. Bly om te sien daar is baie nuwe plekkies."
"Ons het die dam geniet. Daar is ook baie staproetes. Die dorpie is pragtig en daar is die pragtigste goed om te koop wat jy nerens anders sal kry nie. Die berge is asemrowend. Daar is restaurante om van te kies en keur. Pragtige dorpie!"
"Great place to get out of the busy cities, nice and accommodating."
"Die uitsig en restaurant by Naval Hill was werklik iets om te beleef. Mooi opgemaak met liggies vir die kerstyd en pragtige sonsondergang. Heelwat historiese geboue en besienswaardighede in en om die stad."
"Pragtige dorpie vir veral diegene wat die natuur en kuns waardeer. Die oulikste winkeltjies om in rond te snuffel."
"Dorpie lyk sleg en verwaarloos. Winkeltjies is nog steeds mooi en lekker om deur te loop."