Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7972 reviews.
"Parys is 'n interessante, woelige dorp met baie om te sien en te doen, veral op die social scene. Dis 'n heerlike naweekwegbreek bestemming."
"Mooi ou dorp. Die windpompe in die mense se erwe was vir my opwindend."
"Clarens en omstreke is 'n pragtige omgewing en gelukkig was die dorp self ook skoon, dit lyk egter of Golden Gate park se wild verdwyn het, die toegangbeheerhekke op die hoofpad lyk ook verskriklik, dis glad nie 'n goeie advertensie vir 'n toeris nie, dit lyk of die plek gestroop word."
"Die dorp self bied net genoeg om jou besig te hou. Die omgewing is besonders mooi met baie baie interessante berg formasies. Daar is 'n paar goeie restaurante om te probeer en ook die Golden Gate Nasionale Park in die onmiddellike omgewing."
"A wonderful village with awesome eateries, brewery and distillery. Sandstone Estate 50 minutes away was a superb hidden gem."
"It's a lovely little town for a relaxing weekend. They could have a few more restaurants open for the evenings."
"Mooi dorpie en lekker gekuier. Heerlik om daar rond te loop tussen interessante winkeltjies."
"Dele was skoon maar ander dele baie vuil. Maar oor die algemeen nie sleg nie."
"Clarens se binnegoed ondergaan 'n gedaanteverwisseling wat niemand weet wat dit gaan oplewer in die toekoms. Sekere ongewenste elemente het dit reggekry om in te sypel oor die onlangse onsekere landsomstandighede. Clarens kort visie, maar sal altyd 'n unieke bestemming bly."
"Die agteruitgang van die pragtige ou dorpie is opmerklik en hartseer, maar die regering en plaaslike munisipaliteit is hiervoor te blameer."
"Bloemfontein is an alright travel destination. I was here for research, and not for a holiday."
"As jy graag stap of net wil ontspan is dit 'n goeie plek. Ons was van Maandag tot Vrydag daar en dit was 'n baie aangename tyd. Ek weet net nie van naweke en vakansies nie. Dan kan dit dalk baie besig raak as ek na die inwoners luister."
"A delightful little town with a lot to do. We are already planning another visit."
"Parys is 'n regte juweel. Daar is genoeg winkels en kuierplekke om almal besig te hou, maar daar is ook stilte en rustigheid. Almal is vriendelik. Sal definitief weer teruggaan."
"My gradering van Parys is gedoen op grond van oornagbestemming, nie as toeris nie. Paaie is vol slaggate, stopstrate is bietjie onduidelik."
"Die dorp het baie uitgebrei met interessante winkels en restaurante. Probeer Koepel slaghuis vir vleis- en deliprodukte."