Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 7972 resensies.
"In vergelyking met vorige kuiers daar kon mens die nadraai van Covid sien deurdat sommige besighede dit ongelukkig nie kon maak nie. Daar is egter baie tekens van oplewing deur middel van nuwe boupersele ens. Die omgewing rondom Clarens bv Golden Gate is 'n fees na die reën in die Vrystaat."
"Daar is baie plekke om te besoek en ons was al by baie. Geniet die Vrystaat baie!"
"Clarens het maar net ’n bekoring wat jou altyd laat teruggaan."
"Sekere restaurant water hulle drank af en dit is onnodig, betaal premium prys en verwag dan ten minste wat jy voor betaal, verder was dit 'n baie lekker ondervinding en sal beslis weer gaan kuier"
"Was aangenaam verras met die hoeveelheid restaurante en akkommodasie beskikbaar in Fouriesburg. Dis ook 'n lekker basis om die omliggende gebiede te verken."
"Clarens het so biejie van sy sjarme verloor. Daar is 'n paar plekke wat toe gemaak het. Van die winkels het werklik mooi en oorspronklike goed. Dit is 'n lekker feestelike omgewing."
"Die Vrystaat is baie pragtig, maar hulle sal beslis erns moet maak om hul teerpaaie te herstel. Die grondpaaie is beter om te ry as die kleiner teerpaaie!"
"Beautiful town with so much to do. You need at least a week and a half to experience the beauty, wonders and the art route experience. Wonderful restaurants too, family friendly and full of fun"
"Ek is mal oor Parys, was al 'n hele paar keer daar maar was hierdie keer geskok oor die toestand van die strate en ook hoe sleg dit lyk by die rivier en bruggie, dis baie hartseer."
"Suburbs well signposted. Yet the town has an overall feel of neglect and infrastructure is not maintained. Buildings and monuments neglected. Inner city not safe and gives the feeling of a third world city. Dirty, unsafe and generally neglected. Once a beautiful city, now a hovel."
"Dit bly 'n asemrowende bestemming. Nie net is dit in 'n pragtige deel van ons land geleë nie, maar daar word baie interessante doendinge aangebied wat in almal se smaak sal voorsien."
"Tyd het stil gaan staan in die dorpie. Wens ek kon daar gaan woon."
"Lyk of die skoonheid van die dorp so bietjie agteruit gegaan het, maar seker verstaanbaar met die pandemie op hande."
"Clarens, waar om te begin, ek kan nie wag om terug te gaan nie, definitief een van my gunstelinge in SA!"
"Philippolis is 'n pragtige dorp, maar vrek vuil - hul moet drasties kyk na vullis-verwydering in en om die dorpie. Die monument van Adam Kok is onveilig en word nie in stand gehou nie. Ons het 'n baie slegte ongeluk by die monument gehad as gevolg van geen relings en instandhouding van die paadjie."
"Ons is mal oor Clarens dis so 'n aangename dorpie met restaurante uit die boonste rakke."
"Altyd lekker om in Parys te kuier en die talle klein kuns- en antieke winkels te besoek."
"Bethlehem op sigself is 'n pragtige dorpie. Hulle sal net aandag moet gee aan paaie en padtekens."
"Dis ons bestemming vir mediese, finansiële en inkopie dienste. Heerlike plattelandse stad."