Resensies van Free State

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.35 uit 5 gekry volgens 6645 resensies.
Ilse E. - 27th September 2016
staying in Parys, Vrystaat
Parys is 'n rustige dorp met 'n wye verskeidenheid aktiwiteite, vanaf die antieke snuffelaar, kokkedoor, ontspanne "shopper", golfman, riviervaarder tot bierdinker! Personeel is vriendelik en behulpsaam, regte Vrystaatse sjarme! Hou net in gedagte dat baie van die winkels en restaurante gesluit is op Sondagaande en Maandae, sommiges op Dinsdae ook om nodige rus na bedrywige naweke te kry.
George F. - 26th September 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Baie mooi plekkie. Het die brouery interessant gevind. Lekker!
Daleen M. - 26th September 2016
staying in Harrismith, Vrystaat
Pragtige skoon dorp met vriendelike inwoners.
Mandy H. - 25th September 2016
staying in Parys, Vrystaat
Great plek om te ontspan en lekker te kan visvang!
Penelope G. - 22nd September 2016
staying in Clarens, Vrystaat
A quaint little village to enjoy walking outside, eating outside and enjoying mountain activities.
Japie S. - 22nd September 2016
staying in Bloemfontein, Vrystaat
Hou van Bloem as plek baie.
Jan G. - 22nd September 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Die natuurskoon van die omgewing en die rustigheid van die dorpie is bekoorlik. Ons het nooit onveilig gevoel nie.
Hendrik S. - 22nd September 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens bly maar net 'n lekker wegbreek van die stadsgewoel. Dit is ook 'n skoon dorp in vergelyking met ander dorpe.
Hermanus D. - 22nd September 2016
staying in Parys, Vrystaat
Parys bied ‘n groot aantal kunsgalerye en antieke winkels. Toeriste kan ook bergfiets ry, gholf speel, deelneem aan ‘n riviervlotvaart, zipline, of ‘n besoek bring aan die Vredefort Koepel Erfenisgebied.
Marlese V. - 22nd September 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Sielskos!
Sorita V. - 22nd September 2016
staying in Bainsvlei, Vrystaat
Baie restuarante in die omgewing en die Boeremark op 'n Saterdag moet besoek word!
Amanda B. - 22nd September 2016
staying in Parys, Vrystaat
Parys is 'n heerlike naweekdorp. Baie om te doen, baie restaurante en baie lewendige dorpie. Ek dink net hulle kan gerus die oord opgradeer. Ons was daar in en dit is in 'n gehawende toestand.
Anthony C. - 21st September 2016
staying in Parys, Vrystaat
Ons het 'n oplewing in Parys ervaar wat baie verblydend is. Heelwat nuwe winkels het oopgemaak en die algemene gevoel is dat dinge nou gebeur. Die restaurante waaroor ons gek is, is beter as voorheen. Die blommefees wat in November aangebied gaan word beloof om iets besonders te wees en die maandelikse mark is beslis een van die redes vir ons volgende besoek aan Parys.
Deon T. - 21st September 2016
staying in Universitas, Vrystaat
Ideaal geleë vir gradeplegtighede by Universiteit van Vrystaat.
Marthie M. - 20th September 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Idilliese naweek, pragtige natuurskoon en baie gasvrye mense.
Jan F. - 20th September 2016
staying in Bainsvlei, Vrystaat
Lekker stil, rustige omgewing, binne bereik van die stad in minute!
Sonet V. - 20th September 2016
staying in Clarens, Vrystaat
'n Regte holte vir my kunstenaarsiel. Rustigheid deur die week is 'n fees!
Gente C. - 17th September 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Ek geniet dit nogal om in die week te gaan, wanneer dit nie so oorvol en besig is nie.
Tanya M. - 15th September 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Mens hoor net altyd van Clarens, maar ek kan sê dit wat mens hoor is definitief die waarheid. 'n Lieflike, klein dorpie met iets van als. Mal daaroor!
Joey H. - 15th September 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Voel soos 'n plekkie in Europa.
Bets J. - 15th September 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Klein stukkie paradys. Kan weer mens word in so 'n rustige atmosfeer.
Corrie V. - 15th September 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Oulike dorpie, wens net al die winkeleienaars was vriendeliker.
Ronel D. - 15th September 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Mal oor Clarens!
Mark L. - 15th September 2016
staying in Parys, Vrystaat
Plattelands-lekker, maar daar is baie armoede.
Francois B. - 15th September 2016
staying in Dan Pienaar, Vrystaat
Die woonbuurt is in die buitewyke van die stad.
Danica N. - 14th September 2016
staying in Universitas, Vrystaat
Fantastic!
Tharia R. - 10th September 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Was goed. Van die winkeltjes kort dalk bietjie opknap en deeglike skoonmaak.
Hanlie V. - 9th September 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Pragtige dorpie tussen die berge met baie vriendelik mense en heerlike kos.
Dennis A. - 9th September 2016
staying in Parys, Vrystaat
Kan nie veel kommentaar lewer nie. Ons het die gholfbane besoek en was nie betrokke by aktiwiteite van die dorp self nie.
Louis B. - 8th September 2016
staying in Parys, Vrystaat
Parys is 'n lekker stil plekkie waar mens regtig kans kry om te ontspan. Vele oulike koffiewinkels en die gemeenskap is goedhartige mense. Sout van die aarde.
Chumani B. - 8th September 2016
staying in Parys, Vrystaat
Personally, Parys remains one of my favourite getaway destinations. It is the ideal place if you're a nature-lover and need a break from the city life in the nearby Johannesburg.
Marli D. - 8th September 2016
staying in Parys, Vrystaat
Lekker dorpie met 'n egte Kaapse atmosfeer.
Charmaine D. - 8th September 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Baie lekker vinnige wegkom uit die stad met dorpie-atmosfeer en heerlike plaasomgewing.
Graham W. - 8th September 2016
staying in Parys, Vrystaat
Interesting busy town during the Rhino Rally. The locals were very friendly and accommodating. We enjoyed the Church fete.
Martin S. - 6th September 2016
staying in Smithfield, Vrystaat
Smithfield is 'n pragtigge ou dorpie.
Pierre S. - 6th September 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Baie lekker gasvrye dorpie en lekker ontspan!
Elizabeth K. - 5th September 2016
staying in Harrismith, Vrystaat
Baie besige klein dorpie, maar mense baie behulpsaam.
Hildegard J. - 5th September 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Jy kan nie 'n fout maak om Clarens toe te gaan nie, maak nie saak watter tyd van die jaar nie!
Michael R. - 1st September 2016
staying in Brandwag, Vrystaat
Nice area.
Ansie K. - 1st September 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Ongelooflike plek!

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]