Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7904 reviews.
"Clarens is baie gefokus op die toeristemark, so dis bietjie duur om iets daar te koop. Nie al die winkeltjies nie, maar wel meeste van hulle. Die dorpie self is mooi en die berge in die omgewing (Golden Gate) is asemrowend."
"Toestand van strate baie sleg. Die mense met wie ons te doen gehad het baie vriendelik en behulpsaam. Jammer dat die dorp, soos soveel plattelandse dorpe, so agteruit gegaan het."
"Clarens is koning en staan glad nie terug vir enige ander toeristedorpie in SA nie. Selfs die pad vanaf Gauteng is opgradeer en jy kan nou maklik in net meer as 3 ure vanaf Pretoria na Clarens reis! Die enigste kritiek t.o.v. ons besoek aan Clarens was dat die braaihout, sowel as kaggelhout, wat ons by die onderste petrolstasie gekoop het, grasgroen, en dus onbruikbaar was! "
"Meeste winkels onbetaalbaar duur, maar pragtige dorpie om deur te loop."
"Vriendelike en opregte inwoners. Voel soos familie. "
"Dis 'n pragtige dorpie en baie rustig. Sal graag weer daarvan gebruik wil maak."
"Clarens is 'n baie oulike dorpie. Dit was ons eerste keer daar, het deur die Golden Gate Nature Reserve gaan ry, was baie mooi en kon soveel mooi foto's neem. Sondag het ons deur die dorp gaan stap. Dit was so lekker en mens voel so veilig! Daar is baie winkels om te besoek en al die winkel eienaars en/of assistente is so vriendelik en behulpsaam. Was 'n plesier om 'n naweek daar te spandeer!"
"Daar is baie om te doen en sien in Heilbron, veral verwysende na geskiedkundige gebeure en plekke!"
"Die gemeenskap regdeur Clarens ontvang en verwelkom mense met ope arms. Die Sondagdiens by die kerk was definitief 'n hoogtepunt van ons besoek."
"Die paaie het so bietjie meer aandag nodig. Ladybrand het pragtige ou geboue en is 'n baie rustige dorpie. "
"Try and get hold of a local guide. Be sure to take your own supplies as there are not many shops and then they close on Sundays and public holidays. The locals are very friendly."
"'n Plattelandse dorp waarin dinge klaarblyklik nog op 'n redelike vlak gehandhaaf word."