Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 7949 resensies.
"I have an extended family there and will always use the lodge where needed. "
"Rustig en baie mooi daar, net winkels sluit te vroeg. Teen 5 uur is dorpie se winkels gesluit."
"Ons het ons besoek aan Clarens vreeslik geniet. Dis net jammer dat van die kleiner snuffelwinkeltjies toegemaak het en sommige plek moes maak vir meer eetplekke."
"Clarens is 'n ideale wegbreekbestemming vir ons Vrystaters wat ver is van al die lieflike toeristebestemmings. Dis geleë in pragtige natuurskoon en daar is genoeg bedrywighede om 'n naweek in 'n onvergeetlike ervaring te omskep wat eet, drink, koop en ervaar betref. "
"Interessante dorp, met talle geskenkwinkels en besonder baie winkels met oudhede om in rond te snuffel of te koop. Daar is baie verblyf opsies, vanaf gaste huise tot kampering, en ook buitemuurse aktiwiteite vir die avontuurlustiges. "
"Ons verblyf was baie skoon en netjies. Sal graag 'n Vending Machine of een of ander manier om koeldrank en snacks of iets te ete te koop wou gehad het. Indien 'n ontbyt by die prys ingesluit was sou dit ook baie meer punte by my gekry het. Verder sal ek weer bespreek indien ek in Parys moet oorslaap."
"Het begrafnis gehad by Lavender Hills net buite Bethlehem. Baie mooi plek vir onthale, ens. Pragtige kerkie en tuine."
"As mens inry by die dorp is dit maar vuil met al die rommel wat langs die pad en in die bosse lê."
"Ek sien nie eintlik tekens dat daar 'n uitreikprogram is na werkloses en so nie. In Dullstroom was motorwagte wat duidelik opgelei is om jou welkom en veilig te laat voel terwyl Clarens kennisgewings ophet om betaling aan hulle te ontmoedig. 'n Mens kry die idee van 'n verdeelde gemeenskap."
"Enige tyd sal ek die bestemming aanbeveel. Jy kan die mooiste geskenkies koop, en sommer in die aand deur die strate loop - wow!"
"Pragtige mense, heerlike kosse in verskeie eetplekke gehad. Sal graag 'n dorpskaart wil sien met aanduiding van alle winkeltjies, eetplekke, besienswaardighede in die omtrek ens. op aangedui en nie net die kunsgalerye nie. As daar so iets is sal dit goed wees om dit in Lola's te plaas vir besoekers. Great plek."
"Die dorp word beter bemark as wat ons ervaring was. Items se pryse baie buitensporig."
"Daar is nie veel in Winburg om te doen nie, maar jy het niks nodig as jy by Boschrand Lodge bly nie."
"Raak elke keer duurder. Sommige van die snuisterye te koop is tipiese vlooimark produkte wat nog duurder verkoop word. Eksklusiwiteit sal die behoud van Clarens wees."