Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7951 reviews.
"Dis 'n dorpie wat meer krediet moet kry. Ek weet dis van die pad af maar 'n mens moet daar stop."
"Klein, baie skoon dorpie, ongelooflike vriendelike mense, was by Karoo-teater vir 'n 90ste verjaarsdag."
"Baie plekkies om te besoek in die dorp, vriendelike mense, baie plekkies rondom die dorp om te besoek. Meiringskloof staproetes is briljant."
Northern Free State, Free State
Hermanus Cottage"Mooi groen hierdie jaar (2022), maar ai, die paaie. Sommige is slaggatpaaie met teer hier en daar, ander is glibberige (vassit) modderpaaie. Ons is net jammer vir die mense wat dit elke dag moet gebruik."
"Ons het nie veel van 'n keuse as om Bloemfontein te besoek nie, dit is waar goeie hospitale en dokters is en ons gaan ten minste 4 keer per jaar daarheen en slaap ten minste 10 nagte per jaar daar. Ons het ook al vir drie jaar daar gewoon en geniet ons besoek daar elke keer. "
"Ons gaan volgende jaar vir die derde agtereenvolgende jaar daar inloer. Die keer vir 'n langer naweek."
"Die dorpie is oulik, maar lei maar aan dieselfde kwale as alle klein munisipaliteite deesdae. Ongeag, die Vaalrivier is daar en 'n lieflike omgewing."
"Clarens bly 'n rustige ontspanne bestemming vir 'n wegbreek naweek/langnaweek. Die natuur is asemrowend en die staproetes om die die dorp is goed aangedui en die moeite werd om te neem."
"Dis 'n klein dorpie met baie dinge om te doen. Daar is 'n klomp oulike restaurantjies waar jy kan sit en kuier vir ontbyt, middagete en aandete. Vriendelike mense."
"One of the best places to congregate with friends for a visit. The town is lively and the entertainment exceptional."
"Clarens is always bustling, definitely a good idea if you need a weekend away and you want to eat some good food and sit in front of a fireplace on a cold evening or hike the mountains in the summer."
"Die Plaasstoep-restaurant is 'n moet, heerlike skaapstertjies en pap en kaiings geëet."