Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 7949 resensies.
"A lovely little town with friendly people. A heaven for those who take interest in art, antiques and interior décor. Interesting little restaurants, pubs and coffee shops to visit. My family and I only spent two nights here, but I am sure if we stayed longer we would have explored more."
"Bloem val uitmekaar uit. Die paaie is vol gate (hoofpaaie!) Die woongebiede lyk net so sleg. Die sypaadjies is begroeid met onkruid en elke nou en dan sien jy 'n groot hoop swartsakke vullis langs die paaie. Ek's n oud-inwoner van Bloem en my hart is seer oor die verval. Die mense wat in beheer van die stad is maak groot droog!"
"Clarens het baie om te bied en 'n mens het heelwat tyd nodig om dit ten volle te verken en te geniet."
"Clarens is 'n pragtige, rustige dorpie tussen die berge, en die natuurskoon is asemrowend. Daar is meer as genoeg aktiwiteite en toeriste-aantreklikhede om jou besig te hou"
"Serious roadworks improvements need to take place. Otherwise, a lovely suburb to be in."
"Not recommended to arrive and leave in darkness. Potholes are shocking, but in the little town is fine. No proper convenience store available."
"Ppragtige skoon dorpie. Dit is altyd lekker om soontoe te gaan en in al die oulike winkeltjies rond te loer. "
"We were a bit surprised that most of the shops closed around 4 pm on a Saturday afternoon. However; most were open bright and early again on Sunday."
"Ek sal moet meer navorsing doen oor Harrismith om 'n opinie te gee. Ek was egter baie verbaas oor die uitbreiding vandat ek 20 jaar laas daar was."
"Die dorpie het agteruit gegaan vandat ek laas daar was, maar hulle probeer moeite doen om na Covid te herstel."
"Relaxed and chilled quaint small town. Great for a leisurely walk about to shop and also hop from eatery to eatery."
"Dele is uiters slordig met vullissakke wat nie verwyder word nie en lang grasse. Woonbuurte lyk darem beter as middedorp en Andries Pretorius-straat."
"Heerlike dorpie vir net lekker rondloop in interessante winkeltjies. Die restaurante was heerlik."
"Die stad het 'n ryk geskiedenis met baie historiese besienswaardighede en museums. Mens moet kom vir 'n paar dae en alles kom besoek."
"Parys kan 'n ongelooflike toeristebestemming wees mits die munisipaliteit ernstig aandag gee en moeite doen met die algehele netheid van die strate. Die hoofstraat vertoon vuil en paaie rondom die hoofstraat skep 'n baie slegte indruk. Dit is duidelik ook 'n teken van swak bestuur en infrastruktuur wat agteruit gaan. Die winkels is pragtig, heerlik om te drentel en na alles te kyk wat interessant is. Dit is 'n heerlike uitstappie om Parys te besoek. 'n Reuse-teleurstelling was die Spur se kwaliteit van diens en kos. Beslis die swakste Spur wat ek al besoek het! Meyer's Ranch Deli and Browse was absoluut puik! Netheid, diens, vriendelikheid, kos, manier hoe dit voorgesit is ─ alles by die deli was uit die boonste rakke."