Verified Reviews
Garden Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Garden Route
Rated 4.7 out of 5 based on 9360 reviews.
"Pragtige stil strande verder aan, nie hoofstrand nie. Pine Lake Marine 'n moet vir 'n dagbesoek vir water-aktiwiteite. Spar het alles wat nodig is. Die craft market is ook lekker."
"Die St Blaize ligtoring is 'n lekker uitstappie en die restaurant het die lekkerste vars koek. Ons het ook die 500-jaar-oue posboom en rondstap op die replika van die Diaz-skip baie interessant gevind. Ons sal moet teruggaan vir die "zipline" en die Diaz Express-rit!"
"Pragtige plek so tussen die woude en naby genoeg aan die see om vir 'n daguitstappie kus toe te ry. Lekker mense."
"Mosselbaai is 'n heerlike plek vir 'n wegbreek of vakansie. Baie sentraal geleë, baie om te sien en te doen. Heerlike weer en vriendelike mense!"
"Fantastiese vakansiebestemming, maar dit begin nou bietjie té populêr raak ten opsigte van die verkeer in die dorp."
"Dit is lekker om hier te kom asemskep. Alles is net die beste. Lekker seevakansie, stap, braaiveis en elke oomblik geniet."
"Sedgefield is vir my asemrowend mooi. Die natuur nog ongeskonde, baie skoon strande wat ook nie oorvol is nie."
"Naby genoeg aan die Kangogrotte, Cango Wildlfe Reserve, die asemrowende Swartbergpas en natuurlik die wêreldbekende volstruise."
"Ek't net nie van daai snaakse elemente by die winkels gehou nie, maar verder was alles cool. Ek kom weer en sal die plek definitief aanraai vir vriende wat op 'n roadtrip wil gaan en wil oornag. "
"Lovely town to visit. The Cango Caves were fantastic - a highlight of our South African holiday. The mountainous scenery around Oudtshoorn is dramatically beautiful and we enjoyed seeing springbuck and zebra as we drove. Buffels Drift provided an excellent meal with a view overlooking the dam where we saw hippos. There are many gift shops and beautiful old buildings to view. Definitely glad we visited Oudtshoorn."