Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 9181 resensies.
"Die beste plek om te gaan rus en te ontspan met kinders. Hartenbos is enige kind se droomvakansie-plek."
"Alles so by die see is vir my wonderlik en dan nog een met 'n uitsig en jy kan die see hoor, as jy slaap. 10 uit 10."
"Baie mooi, draai van hoofroetes af en ontdek nuwe mooi plekke. Elke hoek en draai 'n geleentheid vir 'n mooi foto."
"Die eenheid is in Heroldsbaai wat naby George is. Ons hou baie van die omgewing en veral die strand is baie mooi, net oorkant 'n stil straatjie."
"Naby aan Mosselbaai met twee groot malls en sentraal geleë met menige besienswaardighede."
"As daar 'n betrekking is sal ek permanent verhuis vanaf Kaapstad na Mosselbaai. Die dorp se diens is onvergelykbaar! Talentvolle dorp met baie vir almal. Kunds, kultuur, luier, nostalgie, geskiedenis, doen dit en Mosselbaai het dit! Dis MOSS die plek om te wees en ons het so lekker geslaap. "
"Ons was net vir 1 nag daar so kan nie veel se oor die dorp nie. Dit is 'n baie mooi plekkie, wat ek wel kan se is as jy in Sedgefield is moet jy by Pili Pili Restaurant gaan eet ─ waarde vir geld en regtig heerlike kos!"
"Mosselbaai is een van ons gunstelingvakansieplekke. Soveel om te doen en ook om te ontspan. Om net die see te sien is vir my 'n ontspanning. Mooiste uitsig van amper enige plek."