Verified Reviews
Garden Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Garden Route
Rated 4.7 out of 5 based on 9575 reviews.
"Lieflike dorpie met baie besienswaardighede, lang, skoon strand. Het veral die inligting oor mak palings by toeristekantoor en die besondere 'Tuin op die Brak' geniet."
"Heerlik pizza geëet by Pomodoro, beste steak by Joplins en ‘n smaaksafari by The Girls geniet. Mens kan lekker vêr op die strand stap. Gaan ry die Sewe Passe-pas en drentel rond en loer in al die oulike plekkies in en om Wildernis. Ons kyk na moontlik kamp by Ebb and Flow."
"Pragtige, geskiedkundige dorpie met pragtige ou geboue and asemrowende uitsigte op die berge."
"Ons gaan al vir jare na Stilbaai en dit is altyd 'n voorreg om daar te kan wees."
"Baie netjiese dorp en veiligheid is baie duidelik belangrik vir die inwoners asook die owerheid. Die dorp beskik oor twee supermarkte en 'n verskeidenheid winkels waar interessante aankope gedoen kan word."
"Ek hou al vir meer as 40 jaar in Mosselbaai en Hartenbos op 'n jaarlikse basis vakansie."
"Knysna se buzz is bietjie af, ek neem aan dis aas gevolg van Covid. Verkies meer Sedgefield se rigting."
"Ons is van Pretoria af, het gedink alles is hier duur, maar Mosselbaai wen ons by ver."
"Mosselbaai is die beste plek in Suid-Afrika. Skoon, netjies, alles werk, vriendelike mense oral - in die winkels en strate en langs die pad. Mooiste uitsigte, soveel om te doen. Ek is mal oor die plek!"