Verified Reviews
Garden Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Garden Route
Rated 4.7 out of 5 based on 9657 reviews.
"Baie skoon en veilig met lewensredders elke dag. Heerlike strand om sommer die hele dag daar uit te span. "
"Heerlike plek. Word sterk aanbeveel vir vakansie buite seisoen."
"Sedgefield is 'n baie mooi, skoon en rustige dorpie. Die regte plek as jy van jou besige lewe wil weg kom."
"Dit is pragtig! As jy werklik wil rus en stilte soek is The Island jou bestemming."
"Die restaurante sê hulle is vol bespreek, dan is daar skaars iemand. Ek dink hulle kon ons Saterdagaand gehelp het as hulle wou. Dankie vir Blue Olive wat ons gehelp, sal weer julle ondersteun."
"Pragtige sandstrand. Ons was bly hulle het so baie reën gekry terwyl ons daar was!"
"Very friendly folk. A must is coffee at Ray's and freshly made pastries at Karoo Rouge. They have a fantastic range of veldskoene in many colours. Lorraine will make you some awesome coffee. "
"Pragtige plek, met baie mooi strande en naby aan areas soos Hoekwil, Sedgefield ens. wat definitief die moeite werd is om te besoek."
"As iemand wat in Hartenbos groot geword het, was hierdie nou my eerste keer weer daar na al die veranderings. Die nuwe seefront is nie so lekker soos die ou een nie. Alles is meer moeite om by uit te kom. Dinge is nie so toeganklik soos altyd nie. En die pretpark se pryse is belaglik. Betaal om in te gaan en dan betaal vir elke ding wat jy wil doen. Ons is dus Diaz toe vir vermaak vir die kinders. Maar dit bly mooi en lekker. "