Verified Reviews
Garden Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Garden Route
Rated 4.7 out of 5 based on 9657 reviews.
"Gouritsmond is 'n vissers- en aftreedorpie. Daar gaan nie veel aan nie, nie eers oor Desember nie - daar is 1 restaurant en 'n algemene handelaar, wees vir seker, as jy vakansie gaan hou op Gourtismond dat jy 'n groot gedeelte van jou vakansie gaan ry (as jy nie gaan om vis te vang nie)."
"Ons het 'n aangename stap op die Gamkaberg kultuuroete gehad. Die plantegroei is interessant, veral die spekbome. Die reservaat is goed versorg. "
"Tradisionele rustige kusdorpie. Naby genoeg aan Stilbaai vir die wat meer aksie wil he."
"Groot dorp waar alle benodigdhede verkrygbaar is. Verskeidenheid restaurant en dan natuurlik die beste Karoo en natuur waarnemings, soos bekende grotte en diere parke wat die vriendelike toergidse sal interessante maak. Bly ten minste een nag. "
"Pragtige strande, vriendelike mense, lekker aktiwiteite en George is net 10 min weg as jy smag na groot inkopiesentrums. "
"Bou meer van die grasdak afdakkies op die strand. Plant ook meer palmbome. Dit skep 'n mooi prentjie."
"Al wat ek kan sê is dis 'n asemrowende gebied en ek sal enige tyd weer daar gaan vakansie hou. "
"Water is lekker en min rotse. Restaurant op die see, genoeg parkering en plek op die strand self. "
"Dorp goed toegerus met al die bekende winkels. Baie aktiwiteite vir die hele gesin.."
"Baie mooi, skoon en vriendelike omgewing. Dis duidelik dat die inwoners baie moeite doen om die strande skoon en netjies te hou."
"Bestudeer die weer voor jy gaan. Dit was baie koud, reënerig en winderig. Die dorpie self is puik en het winkels vir alle benodigdhede. Klein restaurantjies is 100% en kos fantasties."