Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 9657 resensies.
"George die dorp self is baie mooi en die Mall het baie winkels om jou bevredigende inkopies te laat doen."
"Oudtshoorn is n heerlike sentrale plek om oor te bly, naby Knysna, Wildernes, Victoriabaai, George en net buite die dorp is daar baie attraksies vir toeriste. Bv die Kango-rotte en Wilgewandel asook volstruisplase en die inwoners daar is baie omgewingsbewus."
"Die natuurskoon is wonderlik. Ook lekker skoon uitgestrekte strande. Naby aan ander dorpe wat dag uitstappies baie gerieflik maak. Sal altyd weer teruggaan. "
"Mosselbaai is 'n absolute wonderlike vakansie plek om te besoek. Weer is gematig en strande is mooi skoon."
"Een van die beste bestemmings waar ek al vakansie gehou het. Daar is altyd iets te doen, iets te eet en iets te sien. Kan die bestemming werklik aanbeveel. "
"Knysna is 'n wonderlike vakansiebestemming, baie om te doen en te ervaar!"
"Baie interessant, rustig en stil maar baie kunstige mense en plekkies om te besoek. Wens ons kon langer gebly het."
"Rust en Vrede waterval is ‘n moet al is dit bietjie ver uit die dorp. Karusa wyne is heerlik vir ‘n ligte middag ete. "
"Baie naby aan al die toeriste aantreklikhede en dis 'n pragtige en skoon dorp in 'n wonderlike omgewing. Al is dit droog is die natuurskoon absoluut pragtig. Baie dankie LekkeSlaap vir hierdie vakansie ons het dit waarlik geniet."