Verified Reviews
Gauteng
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Gauteng
Rated 4.2 out of 5 based on 3060 reviews.
"Linden is a pretty and lush suburb with lots of big trees. It’s a nice place to stay if you are visiting family or on a business trip. But it is not a tourist destination."
"Colbyn is centrally located and close to some of Pretoria's best malls, restaurants and tourist destinations. Yet the area is quiet and very peaceful. I felt very safe here. "
"Daar is soveel om te doen en te sien en 'n naweek is net te kort."
"Sentraal geleë om Pretoria se besienswaardighede te besoek. Die gastehuis het ook 'n geskiedenis van sy eie."
"Ons het eintlik net deurgery en oornag in die area, maar daar is dorpies soos Cullinan wat interessant was. "
"Moet nie net vir 'n naweek gaan nie. Maak meer tyd. Daar is so baie om te doen en te sien dat 'n naweek net te kort is. Ons sal weer moet teruggaan om te gaan sien wat het ons alles gemis. Ek kan nie vir julle verduidelik hoe vriendelik die mense is nie. Dit was vir ons 'n ongelooflike kultuurskok, want hier waar ons bly as iemand jou groet dan soek jy fone, beursies en handsakke. Daar gesels almal met almal. Jy is veilig en wonder bo wonder word ons Afrikaanse taal daar bewaar. Ek moes telke male myself herinner om nie Engels te praat nie. Dit is ons mense, ons Afrikaanse mense wat daar bly en oorleef. Sien gou weer."
"Pragtige boomryke woongebied naby inkopiesentrums, restourante, skole en die universiteit."
"Dit is so sentraal tussen Randburg en Sandton met Monte Casino net in die straat af."
"Die ligging was perfek vir ons, want dit is baie naby aan Kloof Hospitaal. Ek weet nie of dit regtig 'n toeristebestemming is nie."
"Willow Cottage is baie naby die uitstekende Wilgers privaat hospitaal. Alhoewel die omgewing stil en rustig is, het dit maklike toegang tot die vernaamste snelweë."