Verified Reviews
Great Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Great Karoo
Rated 4.3 out of 5 based on 2673 reviews.
"Beautiful town - off the beaten track. Loved the restaurants the town had to offer! Close proximity to Swartberg Pass, Gamkaskloof (Die Hel) and Cango Caves. "
"Was verras oor lekker eetplekke, vriendelike mense en interessante winkels met mooi goedjies."
"Werklik 'n Karoodorp met baie karakter en baie om te sien en te doen. Hulle sien ons beslis weer."
"Hierdie Karoodorpie het jare gelede reeds ons harte gesteel. Sal altyd terugkom hierheen."
"Prince Albert was 'n verrassing. 'n Pragtige dorpie wat weggesteek is tussen die berge."
"Net bedoel vir oornag, maar probeer gerus die 4 Sheep Restaurant, dis die moeite werd!"
"Laingsburg self bied nie veel nie, maar is 'n tipiese Karoodorpie. Vir iemand wat hou van Karoo is dit ideaal, want die omgewing bied baie onverwagte wonders."
"Klaarstroom het nie veel om te bied nie, want dis baie klein. Ons het by die hotel gaan kuier vir ontbyt en het dit baie geniet."
"Swartberg Hotel se beesstert is innig lekker. Probeer gerus Karookombuis vir 'n lekker kuier met die eienaars. Ry uit na die Gamkapoortdam."
"Behalwe vir die museum en borde wat die vloed vlakke van die tragiese vloed aandui is daar nie veel te sien nie. Die rustige klein dorpie en unieke Karoo skoonheid maak egter daarvoor op. Restaurante en wegneem ete plekke verskaf 'n lafenis na die lang rite deur die Karoo."
"Die 'nuwe' Gin Bar is 'n moet, uitmuntende toevoeging tot die allegaartjie van goeie plekke reeds in die dorp."