Geverifieerde Resensie
Great Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Great Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 2570 resensies.
"Baie netjiese stil dorp. Het baie veilig gevoel. Selfs die polisiestasie se tuine word netjies gehou. Ek sal elke keer as ek na die Oos Kaap reis daar oorslaap. Indien jy buite seisoen na 19:00 eetplek soek vir uiteet is dit 'n probleem maar dit is verstaanbaar kan nie 'n restaurant oophou om slegs 'n paar etes te bedien nie."
"Vriendelike mense in Beaufort-Wes oral waar ons gegaan het. Dit is nie jou gewone Karoo dorpie nie. Dit het uitstekende fasiliteite. "
"Ons harte was stukkend oor die erge droogte! Alle sterkte aan die boere en gemeenskap!"
"Not a tourist destination but more of an overnight option to break a long day of travelling."
"Travelling from Gauteng (Alberton) to Cape Town by car, we find Beaufort West a convenient destination to end the first day of road travelling. One completes about two-thirds of the road on the first day. This allows enough time to complete the road trip at a slower speed from say Worcester to Cape Town. One can stop at farm stalls and purchase wine and other farm products. Also one can prevent collecting speed fines with all the cameras and cops doing speed monitoring from say Hex River Valley onward!"
"Prins Albert het 'n magdom "te doen": Van die wyn- en olyfplase, tot koffiewinkels, galerye en interessante winkels. Daar is gereeld gemeenskapsaktiwiteite soos die Leesfees. Dan is daar die Swartbergpas en ander."
"Lieflike herleweing en instandhouding van 'n Karoodorpie. Lushowe om van te kies en te keur. Die Leesfees was lekker. "
"Die Wimpy by die vulstasie het kragpunte vir selfone wat baie nuttig is en waardeer word terwyl ietsie geëet en gedrink word."
"Beslis 'n dorpie met sy eie bekoring en potensiaal. Oor die algemeen kan n toeris veilig voel,wat n uitsondering in SA is. Die inwoners is gasvry en vriendelik. Restaurante bied waarde vir geld. Ons sou graag langer wou vertoef."