Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11392 reviews.
"Egte Karoo-dorpie gevoel. Stilte is heilsaam. Net wat nodig is vir moeë reisiger. Ongelukkig was ons verblyf te kort om alles wat hierdie dorp aanbied te ervaar. Sal beslis volgende keer vir langer kom."
"Pragtige Karoo dorpie met 'n karakter van sy eie. Ons het dit al die laaste paar jaar ons oornag destinasie gemaak op pad Kaap toe. Bly elke keer 'n treffer."
"Ons het net oornag en was nie toeriste nie. Dorpie se verval is erg en bedelaartjies is oral. Droogte het sy tol geëis. Swakste ete by Lord Carnarvon geëet. Dis jammer."
"Oulike oornag oorstop. Heerlike ontbyt by Kapoet padstal, asook lekker eetgoed soos koeksisters, droëwors en konfyte."
"Lots of beggars and homeless people in Beaufort-Wes as you stop to do shopping or to dine out."
"Travalia is 'n baie spesiale plek. Dis vir ons meer as net 'n oorslaapplek op pad na ons eindbestemming toe. Dis 'n lafenis vir die siel."
"Ek sien definitief oplewing en vooruitgang in Colesberg. Miskien stadig maar ek sien daar is restaurante en kuier plekkies wat aanloklik lyk en baie besig was."
"Dalk net vir die gaste opsies gee oor die tipe soort tjops wat jy kry as jy dit bestel by Karoo."
"Matjiesrevier sal ek aanbeveel vir 'n dagreis maar nie vakansie-bestemming nie. Paaie deur die berge is baie mooi en die omgewing is pragtig."
"Die area word gebruik net as oornagplek op pad êrens heen en ek dink dit verdien 'n paar dae se rustig word en die rustigheid inneem."