Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11422 reviews.
"Maak seker dat jy reeds jou inkopies gedoen het in 'n ander dorp as jy op 'n Sondagmiddag aankom. Slegs paar kafees oop gekry vir ys en koeldrank."
"Het eintlik 'n interessante geskiedenis en 'n mens behoort langer as 'n nag oor te bly."
"Die Karoo Nasionale Park is een van ons gunsteling parke waar ons gereeld gaan kamp. Sou mens oornag by 'n gastehuis is dit baie gerieflik en naby om die park te besoek. Daar is ook ander wildreservate in die direkte omgewing en aangesien verblyf in die park en ander reservate regtig baie duur is, sal ek beslis aanbeveel om by Mango's verblyf te reël en dan die parke te besoek as 'n dagbesoeker."
"Natuurlik beleef 'n mens die verskriklike armoede en werkloosheid in die dorp en kinders wat rond beweeg in die strate op soek na voedsel."
"’n Skoon dorp, stil, vriendelike mense en kry rus vir jou siel na ’n lang dag op die pad."
"I am a property holder there myself. It is one of the best small Karoo dorpies."
"Mal oor Prins Albert. Kan oor en oor weer teruggaan. Een dag is te min, volgende keer bly ons langer."
"Met ongelooflike mense wat uit hulle pad gaan om mens tuis te laat voel, kan ons net met lof praat van almal in Philipollis. Dit is niemand se skuld nie, maar as gevolg van Covid-19 kon ons nie die museums besoek nie. Wees voorbereid dat die klein winkeltjies nie meer bestaan nie, ons harte breek vir hulle wat hul deure moes sluit."
"Baie ou geboue, museum en oulike winkeltjies. Die kerk is baie indrukwekkend!"
"Loved my off the beaten track on the Karoo Highlands Route from Cape Town to Bloemfontein. The landscapes were gorgeous!"
"Die Chris Barnard Meuseum is regtig interresant en leersaam en 4 Sheep restaurant by die Caltex Garage is ‘n moet vir watertand boerekos opsies."
"Die enigste groot attraksie is die Sentraal Karoo Park wat beslis 'n dagbesoek of meer werd is."
"Mooi ou plekkie, bly net weg van die onbevoegde Spar wat nie vir jou kos kan verkoop wat jy wil hê nie want dis nie op die rekenaar nie. Belaglik, ek wou een gewone Russian en een kaas Russian hê maar ek moet leë hande uitloop en kos op ander plek gaan koop."
"Interessante argitektuur en dis ‘n netjiese en skoon dorpie! Daar is selfs ‘n interessante watergat, Die Stal, wat ek ongelukkig nie besoek het nie!"