Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11282 resensies.
"Aangenaam, dis stil en rustig, regtig 'n stop werd. Daar is nie veel om te sien nie, maar tog is dit baie mooi, 'n anderste soort mooi."
"Bedelaars bederf 'n mens se toeriste-ervaring, ten spyte daarvan dat 'n mens deernis met hulle omstandighede het."
"Baie jammer dat hierdie pragtige dorpie van vroeër so verval het. Is gebore op buurdorp."
"'n Toer deur die stofpaaie van die Karoo, weg van die N1, is terapie vir die siel."
"Baie lekker gebly. Sal weer so maak. Alles was baie skoon en ons het alles gehad wat ons moontlik nodig kon kry."
"Sal graag langer wou bly. Uilhuis was ongelukkig gesluit. Doen navraag oor openingstye."
"Dorpie is maar eenvoudig, maar mense baie gasvry en behulpsaam. Die teerpad vanaf Leeu-Gamka is 'n bonus!"
"Philippolis is 'n baie mooi ou dorpie. Die ou huisies en geboue (baie van hulle nasionale monumente) gee die dorp baie karakter. Meeste van hulle is gerestoureer en kan bespreek word vir verblyf. Daar is 'n hele paar geboue en huise wat baie aandag kort en armoedig voorkom. Philippolis het nie veel te doen behalwe vir omliggende wildsplase nie. Die Lourens van der Post museum is maar eenvoudig en vervelig (meeste mense weet nie van hom nie). Indien jy wil uiteet (veral in die aand) maak seker om 'n bespreking te maak of met jou gasheer/gasvrou 'n reëling te tref. Daar is nie baie opsies van eetplekke nie (2 of 3). Ek sou nie sê dit is 'n toeristebestemming nie maar eerder 'n oorslaapplek of vinnige stop op pad iewers heen."
"Baie interesante dorp en omgewing, waar die tyd stil gestaan het. Dit is iets om te beleef."