Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11282 resensies.
"Die "Valley of Desolation" is net 'n kort ent uit die dorp en heeltemal die moeite werd vir 'n sonsondergang uitstappie."
"Sou graag die Kokkedoor stoor wou gaan sien het, maar kon nie eens daar inkom nie."
"Die dorp het goeie potensiaal, maar daar blyk nie 'n saamstaanaksie te wees om die dorp op die kaart te plaas nie - dorp is in meer as 1 opsig erg verwaarloos wat mens onseker laat oor jou neus by die deur uit te steek. Daar is ook nie aksies deur gastehuise om jou met 'spesiale vervoer' bakkies of bussies na besienswaardighede te vat nie - wat natuurlik op 'n warmsdag 'n swemplek kan insluit. Die wildsplase doen dit met groot sukses."
"Lieflike Karoo dorpie om te besoek. Wonderlike winkeltjies en baie lekker plekke om te eet. Die slaghuis het van die lekkerste vleis en die "limo" is die ster van die dorp. Mense is gasvry en vriendelik. "
"Ons was nie juis ver in die dorp in nie, maar dit lyk na 'n rustige dorpie met vriendelike mense."
"Colesberg is eintlik 'n oornagplek vir reisigers van die binneland en terug af, maar dit is 'n dorp van groot historiese betekenis met baie mooi geboue."
"Bekoorlike dorpie met vriendelike mense. Baie mooi en rustig."
"If you’re looking for Karoo rustic then Richmond is the place. An eclectic old town with character and some interesting shops and a wonderful art gallery. Lovely sunsets and great hospitality."
"'n Gebied wat baie droog is en ons is jammer vir die boere en mense wat daar kop bo water moet hou!"
"Lekker restaurant langs hotel. Kos uit die boonste rakke en diens wat jy in top restaurant verwag. Die kelnerin se absolute professionele diens was tops. Pryse baie billik."
"Dit sal wonderlik wees as daar iets aan die gate in die pad gedoen kan word. "
"Very interesting history and the Owl House is a must. Impressive art by a formidable artist, Helen Martins. Sad personal history, but important SA heritage contribution. "
"Mens moet langer daar wees om alles te verken! Pragtige dorp en omgewing. Probeer om dit te alle koste te behou."