Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11392 reviews.
"Mooi geskiedkundige dorp. Rustige atmosfeer. Mooi groot kerk met pragtige orrel. Ek het gehoop om 'n orreluitvoering te hoor. Goeie eetplekke. Alles was die moeite werd. Dankbaar."
"Beaufort-Wes is 'n baie besige dorp maar rondom is daar 'n paar pragtige wildsplase wat heerlik is om by te kuier. Karoo stilte op sy beste!"
"Dis nie net 'n dorp om deur te ry nie, daar was soveel om te sien in die dorp self en natuurlik die vallei van verlatenheid. 'n Hoogtepunt was om in die kerk 'n toer te kon doen, wat baie interessante feite gehad het. Gaaff-Reinet en omgewing het ons aangenaam veras!"
"Netjies buurt en eiendomme is goes versorg. Voel gemaklik om daar te reis en geensins indruk gekry dat die buurt onveilig kan wees nie."
"Colesberg is geleë in die pragtige Karoo met vriendelike en besondere mense. Dis 'n interessante plek met baie toerisme-bates, maar sal beslis aan sy voorkoms (bv.talle vervalle geboue en netheid van die strate), moet aandag skenk sodat die dorp weer tot sy vroeëre status herbou kan word! Die toestand van sommige strate verdien ook dringend aandag."
"Colesberg is ideaal geleë byna halfpad tussen Kaapstad en Johannesburg; dit maak dit dus 'n ideale toeristebestemming en veral oornagplek. Dis 'n interessante dorp met sy bekende plattelandse gasvryheid en interessante mense! Die dorpsraad sal egter die talle vervalle geboue in veral die hoofstraat moet opknap/stroop, aangesien dit die voorkoms van die dorp ernstig benadeel. Vullisverwydering is vervolgens 'n besliste probleem. Met intensiewe aandag behoort Colesberg beslis 'n skoner en nog meer uitnodigende dorp te wees."
"Ons was daarmee beïndruk dat besienswaardighede op 'n Sondag besoek kon word. Hekwag by ingang tot Vallei van Verlatenheid het ons gewaarsku dat ons weens mistigheid niks sou kon sien en ons het dus nie onnodige uitgawes en tyd bestee. Baie netjiese en skoon dorp."
"Steytlerville het 'n unieke voorkoms met die familiename wat deel is van die hoofstraat. Die hoofstraat was heel netjies. Die mense wat vir ons gehelp het, Dawid en Wally, was gaaf en ons is heelwat dankbaar aan hulle. Ons het aspris al die klein paaie gery sodat ons Suid-Afrika se klein dorpies kan ervaar en as dit is wat jy will doen as deel van jou vakansie, is Steytlerville nogal 'n plekkie vir 'n ruskansie."
"'n Sjarmante dorp met 'n lang en ryk geskiedenis. Besoek gerus die plaaslike Drostdy Hotel om een van die bes bewaarde historiese geboue in Suid-Afrika te waardeer. Keurige en stylvolle interieur versorg deur Stephen Falcke."
"Star gazing, the historic walk and the blacksmith's demonstration were memorable. We need to get back to do the geological walk, the ghost walk and to see the area in summer. "
"Verrassend om te sien dat hul die naam "Dot se winkel" behou het. Die paar straatjies waarin ons gery het was baie skoon. Ek het geen papiere of gemors sien rondlê nie."
"Het daar gebly vanaf 1975 tot 1979 - soos enige plattelandse dorpie is Carnarvon baie agteruit. "