Geverifieerde Resensie

Karoo

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11431 resensies.

Graaff-Reinet, Karoo

Leopard's Valley Guest Cottages

"Sommige restaurante se foonnommers op Graaff-Reinet se inligtingsblad bestaan nie meer nie. Ek vermoed ons het nuwe plekkies gesien wat ook nie gelys is nie. Oor die algemeen is dit regtig 'n mooi dorpie met pragtige ou geboue wat mooi onderhou word. Dit lyk of die inwoners omgee vir hoe die dorpie lyk. "

Graaff-Reinet, Karoo

Eenzaamheid Holiday Farm

"Nie regtig baie tyd in Graaff-Reinet deurgebring nie, so kan nie regtig waardeer wat in en om die dorp aangaan nie, behalwe die groot kerk."

Graaff-Reinet, Karoo

Karoopark Guest House

"Sal weer in Graaff Reinet gaan kuier. Ons kuier was heeltemal te kort, maar ons het baie gesien en lekker by al die klein restaurantjies geëet. Besoek gerus die Vallei van Verlatenheid ... dis 'n moet!"

Nieu-Bethesda, Karoo

The Ibis Lounge

"Nieu-Bethesda is een van daardie plekke op jou "bucketlist". Gaan verken die omgewing, koop 'n uil, drink 'n draught en eet 'n skaaptjoppie. Dis 'n klein stukkie hemel so tussen al stof deur!"

Aberdeen, Karoo

Aberdeen Self-Catering

"Aberdeen het ons lekker verras. Dit is 'n mooi skoon dorpie met die mooiste kerk in die middel van die dorp. Die mense is vriendelik en het ons sommer gou tuis laat voel. Ek sal beslis terugkeer om meer van Aberdeen te verken."

Graaff-Reinet, Karoo

Karoopark Guest House

"Graaff-Reinet was 'n lekker dorp om te verken, veral met die pragtige kerk, die Kaktus Kwekery en natuurlik die Vallei van Verlatenheid. Ek sal terugkeer om nog meer te verken."

Philippolis, Karoo

Anker Guesthouse

"'n Pragtige dorpie en 'n plekkie wat 'n mens verseker moet besoek voor jy Kaap toe gaan. Maak ten minste een keer 'n draai en besoek die dorpie in die daglig om al die mooi raak te sien. Die pad soontoe lyk ook nie te sleg nie."

Prieska, Karoo

Overnight @ Prieska

"Prieska kan baie doen om toerisme in die streek te bevorder. Kyk na die natuurreservaat met die blokhuis (wat uit tieroog gemaak is). "

Vanderkloof, Karoo

Rhino Manor

"Meer vermaak moet gereël word. Die eetplek en die winkels moet bietjie opgeknap word, want dit is bietjie outyds."

Nieu-Bethesda, Karoo

Elke's Guesthouse

"Fantastiese wegbreek van die stadslewe. Wonderlike natuurskoon. Baie om te doen. Fantastiese kos. Vriendelike mense. Baie veilig. Ons kon laat in die aand met ons honde gaan stap sonder om oor ons skouer te loer. Dit kan ons nie in Pretoria doen nie. Die leivoor is op plekke baie diep en onbedek. Ons hond het een aand laat vir 'n bakkie en sleepwaentjie (van Gauteng!) geskrik wat vinnig om die draai gekom het en het toe in die leivoor geval. Die voor is meer as 6 voet diep. Die polisie was ongelooflik vinnig op die toneel om te help. Miskien sal dit veiliger wees indien die leivoor bedek word waar dit so diep is."

Colesberg, Karoo

Hazeldene

"Ongelukkig net 'n oornagdorpie vir reisigers op pad kus toe. "

Graaff-Reinet, Karoo

Aan Die Oewer Graaf-Reinet Guesthouse

"Museums was interessant. Ek was aangenaam verras."

Hopetown, Karoo

Karoo Inn

"Gerieflik geleë tussen Pretoria en Kaapstad."

Colesberg, Karoo

Palmietfontein Gastehuis

"Colesberg is a very good destination en route to Cape Town from Johannesburg."

Beaufort-Wes, Karoo

Haus Holzapfel

"Lekker en baie netjies. Baie dankie dat julle die vleis gestoor het. Puik diens."

Britstown, Karoo

Transkaroo Country Lodge

"Halfpad tussen Sedgefield en Potchefstroom. Ideaal geleë."

Beaufort-Wes, Karoo

Little Lamb

"Pragtige dorp! Fantastiese eetplek by Karushi - bekostigbaar, wye verskeidenheid (ook vir vegetariërs) en baie smaakvol voorberei."

Philippolis, Karoo

Kanon Guest House

"'n Juweel wat nog gevind moet word. Beeldskone dorp en vriendelike mense!"

Prins Albert, Karoo

Travellers Rest

"Die Swartbergpas na Oudshoorn is baie aanskoulik, veral in die voormiddag voor dit warm raak."

Gariepdam, Karoo

View Lodge

"Tans baie droog."

Prins Albert, Karoo

Saxe-Coburg Lodge

"Ek is verlief op Prins Albert ... mooiste dorpie. "

Beaufort-Wes, Karoo

Ko Ka Tsara Bush Camp

"Pragtige dorpie met vriendelike mense ... mal daaroor!"

Graaff-Reinet, Karoo

Middle Street Manor

"Almal wat Graaff-Reinet besoek moet na die Vallei van Verlatenheid gaan kyk. Dis 'n heerlike uitstappie. "

Colesberg, Karoo

Spes Bona Guesthouse

"Gaan probeer gerus die skaapstertjies by die Platteland Restaurant net af in die straat, dis heerlik. Die pizzawinkels in Gauteng kan gerus gaan kers opsteek by die pizza's van JC's. Hulle lewer gratis af by jou tuiste en dit is absoluut heerlik."

Graaff-Reinet, Karoo

Thyme and Again B&B

"Graaff-Reinett het soveel besienswaardighede. Ons het die Vallei van Verlatenheid gaan besoek en dit was 'n wonderlike ervaring."

Blad
Blad 343 - Wys 10261 tot 10290
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang