Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11336 resensies.
"De Rust has always been a favourite for me (it has nothing to do with the fact that I was born in Oudtshoorn). There is so much to see around De Rust and may places to enjoy a meal and a drink."
"'n Toeristebestemming sal beslis 'n pluspunt wees. Ons wat van die Vrystaat af kom soek soms 'n oorslaap plek veral as ons saam met bejaardes reis. Hierdie is die ideale plek."
"Mooi plek, maar nie baie beïndruk nie. Het seker maar te vinnig daar deur gereis. "
"Dis 'n baie rustige en mooi plekkie. Sal definitief weer oor Paasfees daar gaan kuier. "
"Die mense was almal so vriendelik, die restaurante lewer goeie diens, en Saterdagoggend se plaasmark was heerlik! Sal graag weer kom kuier en vriende saambring! Wens ek kon 'n eiendom daar hê."
"Ons gaan baie Nieu-Bethesda toe, maar dit lyk asof die dorp besig is om agteruit te gaan wat baie hartseer is – veral die Two Goats Deli. Al besigheid wat vooruitgaan is Die Waenhuis."
"Net jammer van al die plastiese sakke wat jou begroet wanneer jy naby die dorp is. Die hele veld is vol plastiese rommel. Regtig 'n seeroog. "
"Daar is baie akkomodasie beskikbaa, en gee myns insiens 'n goeie hupstoot vir die ekonomie. Veral in die besige vakansietye."
"Baie mooi plekkie, net jammer ons kon nie by die Reinet-huis ingaan nie omdat hulle besig was om die plekkie op te knap. Dit maak wel 'n mens se hart bly dat dit so mooi instandgehou word. Dit is 'n prentjiemooi plek, al die ou huisies en vriendelike mense. Ons hoop om volgende keer langer te vertoef. Dit is 'n moet vir elkeen om daarheen te gaan."
"Al die paaie is nie so goed nie – veral as 'n mens grondpaadjies tot by jou bestemming moet ry."
"Colesberg het 'n ryke geskiedenis wat ons almal behoort te weet van. Ons jaag egter by die dorp verby, sonder om in te gaan en die dorp te ontdek. As hulle 'n Toerisme forum het, kan dié gerus meer doen. Komplimente aan die bestuurder van die OK, hy het my met 'n vriendelike handdruk in sy winkel verwelkom. Ek was baie teleurgesteld met die swak onderhoud van die sakekern, veral die onderste gedeelte."
"Ek hou van stil, maar dit was baie stil, en elke straat het 'n nommer 4. Definitief net 'n oorslaap, maar moenie te vroeg of te laat daar aankom nie, want die dorp gaan in sluimer teen 5h. Stap deur die strate om 'n huise te kies vir aftrede, eet by 'n restaurant en gaan slaap. "
"Willowmore is 'n besonderse Karoodorp met baie geskiedenis rondom dit. Baie leersaam. "