Verified Reviews
Kimberley
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Kimberley
Rated 3.9 out of 5 based on 580 reviews.
"Almal was op verlof as mens iets wil doen, so was beperk om goed te doen. Wou meer goed gaan sien het."
"Besoek aan die Kimberley gat en myndorp was teleurstellend. Besienswaardighede is vuil en verwaarloos. "
"Geen WiFi beskikbaar gewees soos geadverteer. Gesukkel om personeel vroegoggend te kry om sleutel terug te gee. "
"Die groot gat as jy hom nog nie gesien het nie met baie besienswaardighede al daar, Magersfontein buite Kimberley van die dinge om te doen "
"Die munisipaliteit kan meer doen omtrent die straat name. Ons wou op 'n historic walk gegaan het en het verdwaal omdat die strate nie duidelik gemerk is nie. Die middestad van Kimberley is baie vuil - glad nie the city that sparkles nie. Straatligte in een van die hoofpaaie het nie gewerk nie en ek moes in die donker een aand na die hospitaal soek. Daar is ook onnodig te veel slaggate in die paaie."
"Om R90 pp te betaal net om die Kimberley se gat te sien is belaglik. As jy meer betaal dan doen jy die toer, maar ongelukkig het hul net 1 toer die 17de Des aangebied en ons was te laat vir dit."
"Die strate se beligting redelik ondoeltreffend. Sonder GPS verdwaal jy maklik, want die straatname is nie duidelik sigbaar nie. "
"Die spasie bokant die dubbelbed was baie min, met die enkelbed aan die bokant. Die TV kan ook geskuif word om dit meer sigbaar te maak."
"Kimberley is baie verwaarloos en dis jammer dat die plaaslike regering nie hulle deel doen nie."
"Kimberley het 'n besonderse geskiedenis a.g.v. die diamant-era. Dit is die moeite werd om te besoek!"
"Kimberley is nie juis 'n toeristebestemming nie, maar die uitstappie na die Groot Gat is iets om te doen as mens in die omgewing is. Ons en die kinders het dit baie geniet."