Geverifieerde Resensie
Knysna
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Knysna bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 790 resensies.
"Dit is 'n pragtige plek en as jy in die woude ingaan besef jy die waarde van jou besoek."
"Oulike dorpie, alhoewel hulle pryse oor die algemeen meer op die buitelandse toeriste van toepassing is en nie Suid-Afrikaners wat kuier nie. "
"Thesens Island is 'n premium bestemming. Ons kom dikwels hierheen en sal verseker weer terugkeer."
"Baie pragtige plek, beslis iets om te beleef. Ek sal enige een aanraai om die paradys te beleef. Lekker wegbreek weg van die huis. Daar is iets vir almal om te ervaar. "
"Die plekke wat rondom Knysna beskikbaar was om te besoek was baie 'nice'. Knysna kort 'n waterpark waar kinders kan gaan 'waterslide' en swem. "
"Wonderlike, hulpvaardige personeel. Ingestel op die toeris en sy behoeftes. "
"Die dorp self doen dit nie meer vir my nie, te besig en parkeerplek 'n probleem. Daar word te veel van dieselfde produkte aangebied en te oorweldigend vir die toeris. Die omgewing buite die dorp en wat alles besigtig kan word is 'n groot inspuiting vir Knysna."
"Dis regtigwaar 'n pragtige plekkie vir enigiemand om net 'n bietjie weg te breek op 'n vakansie."
"Heerlike eetplekke naby, bv. Senza onder by die "Heads". Waterfront ook lekker vir uitstappie."
"'n Lekker bestemming met interessante winkeltjies. Volop eetplekke wat vir elke smaak voorsiening maak. "
"As jy wil koop, ja dalk. Daar is nie eintlik 'n strand nie. As jy boot saamvat, ja. Knysna is meer seker vir groot mense en nie vir kinders wat heeldag wil swem nie."