Geverifieerde Resensie
KwaZulu-Natal
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in KwaZulu-Natal bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 6885 resensies.
Noordelike Drakensberge, KwaZulu-Natal
Ledges Retreat Guest House"Nie veel om te doen hier naby nie, maar goeie tussen-weg op pad na die see."
"Die paadjies in die omgewing is regtig nie baie goed nie. Glenmore Beach kan gerus meer doen aan onderhoud en instandhouding van die infrastruktuur."
"Daar was nie veel om te doen om kinders besig te kon hou nie, veral as dit reën. Baie duur."
"There are plenty of attractions around this area to explore for the entire family."
Midlands Meander, KwaZulu-Natal
Rockwood Farm House, Rockwood Karkloof Lodges"Beeldskoon en rustig met 'n vreeslike vriendelike gemeenskap waar ook al jy jouself bevind."
"Die paaie is baie sleg - selfs die paaie tussen die huise is onrybaar! Dorp is vuil en verwaarloos."
"Beach and toilets very dirty. We travelled everyday to Leisure Bay. Too many street kids and homeless people sitting around, bothering people for money. Beach not very safe."
Nottingham Road, KwaZulu-Natal
Crompton Cottage"Besighede se tye was nie altyd akkuraat nie. Daar was verskeie aktiwiteite wat nie geadverteer is nie, maar beslis die besoek werd was. Ongunstige weer het wel 'n invloed op baie van die aktiwiteite gehad wat beskikbaar was in die omgewing."
"Oom Kobus het ons hartlik verwelkom en baie tuis laat voel. Die huis is 'n juweel. Mooiste uitsig. Die huis binne is smaakvol en gerieflik."
"Die dorp self lyk 'n bietjie gehawend. Ek weet ook nie van enige trekpleisters daar nie."
Vallei van 'n Duisend Heuwels, KwaZulu-Natal
Lindisfarne B&B"Pot and Kettle has great food and friendly service."
"Persoonlik was St. Lucia as 'n geheel vir my 'n teleurstelling. Vandat ek 6 jaar oud was het ons jaarliks St. Lucia besoek, en die dorpie is glad nie meer soos dit was nie. Die strate is besoedel met bedelaars, en taxi's met klipharde musiek, strate lê vol rommel. Sommige winkels en restaurante se staff is bot en onvriendelik, vir 'n buitelandse toeris dink ek dit sal 'n skok wees. Ek het ook gevind dat pryse uitspattig duur was ongeag die winkel of eetplek. Cape Vidal staff offer nie meer padkaarte nie, asook die padaanwysingsbordjies vir afdraaipaaie, is onsigbaar. Die badkamers was haglik. Selfs die natuurlike lewe word stadig maar seker weggejaag na stiller areas. Die strande bly die heel mooiste met visse wat saam met jou swem en die snorkelgeleenthede. Die verskeie voëls wat jou wakker sing soggens. Die mooiste handkunswerke wat lokaal verkoop word."
"Perfek vir my, ek hou nie van mense om my nie. Dit was perfek. Dit is 'n pragtige deel van die wêreld."
Noordelike Drakensberge, KwaZulu-Natal
Tower of Pizza"Voel-goed bestemming met baie om te doen, bo-aan natuurlik stap vanaf Royal-Natal National Park."