Geverifieerde Resensie
Lamberts Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Lamberts Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1008 resensies.
"'n Klein kusdorpie met restaurant wat lekker kos bedien, en elk het 'n lekker gesellige atmosfeer. Alle winkels is loopafstand en die mense van die dorp is baie vriendelik."
"Lambertsbaai is 'n lieflike kusdorp. Baie restaurante. Baie om te doen."
"Was bietjie teleurgesteld oor die voëlskuiling by die vlei wat nie meer bestaan nie. Dit sou 'n groot pluspunt vir die dorp wees."
"Ek beveel aan dat as jy kom, dalk soveel as moontlik inkopies saambring, want die winkels daar is klein bietjie duurder as binneland."
"Ons was aangenaam verras met die dorp. Die Bird Island 'n absolute moet om te besoek. Mense is gasvry en het ons tuis gevoel oral waar ons gekom het. Isabella's Restaurant was 'n wenner."
"Hou van Lambertsbaai, was ons eerste keer in Lambertsbaai vir 'n wegbreek, het al die nodige winkels indien jy iets kort. Net die strande wat bietjie vuil is van bamboes en dooie robbe wat vreeslik gestink het, maar andersins geen probleem nie, was lekker gewees."
"Die dorp het baie verval in die laaste paar jaar vandat ons laas daar was."
"Lamberstbaai het baie versteekte juwele was jou vakansie baie genotvol kan maak. Die ete by Isabella's en die bootrit saam met Riaan kan aanbeveel word."
"Dorpie was bietjie meer afgeleef as wat ons verwag het, maar dis nou maar een van daardie dinge."
"Ek hou van Lambertsbaai, want dis amper deel van my kontrei waar ek groot geword het. Het in die Olifantsriviervallei my jeugjare spandeer."
"If you find yourself in Lamberts Bay, Isabella's is the restaurant to try."
"Dis 'n rustige, vriendelike en pragtige kusdorpie. Sal altyd weer daarheen gaan vir 'n wegbreek."
"Ons was op 'n baie stil tyd daar so daar het nie veel aangegaan nie, maar dis nie 'n probleem nie. Het uitgesien om Muisbosskerm te gaan ondersteun, maar hulle is hopeloos te onbekostigbaar. In ons groepie is 3 ouer mense wat glad nie die kos sal kan eet wat daai prys regverdig nie. Wat van verskillende pakkette daar?"