Geverifieerde Resensie
Lamberts Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Lamberts Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 989 resensies.
"Die dorp het baie verval in die laaste paar jaar vandat ons laas daar was."
"Lamberstbaai het baie versteekte juwele was jou vakansie baie genotvol kan maak. Die ete by Isabella's en die bootrit saam met Riaan kan aanbeveel word."
"Dorpie was bietjie meer afgeleef as wat ons verwag het, maar dis nou maar een van daardie dinge."
"Ek hou van Lambertsbaai, want dis amper deel van my kontrei waar ek groot geword het. Het in die Olifantsriviervallei my jeugjare spandeer."
"If you find yourself in Lamberts Bay, Isabella's is the restaurant to try."
"Dis 'n rustige, vriendelike en pragtige kusdorpie. Sal altyd weer daarheen gaan vir 'n wegbreek."
"Ons was op 'n baie stil tyd daar so daar het nie veel aangegaan nie, maar dis nie 'n probleem nie. Het uitgesien om Muisbosskerm te gaan ondersteun, maar hulle is hopeloos te onbekostigbaar. In ons groepie is 3 ouer mense wat glad nie die kos sal kan eet wat daai prys regverdig nie. Wat van verskillende pakkette daar?"
"Oulik en rustig! Almal is ongelooflik vriendelik! Maak gerus 'n draai by Alle Dingen - puik diens en heerlike kos!"
"Did not feel very safe around the harbour area. Many unemployed people trying to sell their fish while we were just trying to enjoy the scenery. Quite a bit of rubbish around the view points."
"Jammer om te sien hoe die pragtige kusdorp verval en agteruitgaan. Diefstal bleik ’n probleem te raak in die area. Sal jammer wees as daar ’n negatiewe gevoel ontwikkel oor persoonlike veiligheid."
"Te veel ongewenste persone wat in die nag rondsluip en polisie kan definitief meer patrolie doen in nag."
"Isabella's restaurant at the harbour is the best place to eat at. Worth every cent. Good helpings and very fresh fish. Friendly staff. Bird island is a must, the Cape Nature staff are knowledgeable and friendly."
"Het nie juis geweet wat om te verwag nie. Die omgewing is fantasties. Dorpie was nie heeltemal wat ons verwag het nie. Maar wat jy nodig het is daar."
"Die straathandelaars is net nagmerrie. Hulle skree vir 'n mens van die straat af."