Geverifieerde Resensie
Maloti Route, South Africa
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Maloti Route, South Africa bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3628 resensies.
Fouriesburg, Malotiroete, Suid-Afrika
Pumula Guest Farm"Dit is ons tweede keer hierdie jaar wat ons by Fouriesburg was en ons sal beslis weer en weer gaan. Dit is beeldskoon!"
Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika
Lola's Luxury Self-Catering Accommodation"Baie en lekker restaurante, interessante winkels en galerye om te sien. Die omgewing is baie mooi en skoon."
Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika
V'Kansi Khaya"Diens bly maar 'n probleem by eetplekke. Lekker plek om te ontspan en sy natuurskoon is onbeskryflik."
Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika
De Ark Mountain Lodge"Die dorpie as sulks is 'n kunstenaar se droom, maar die winkeltjies is net baie duur aangesien dit uitsluitlik op toerisme gemik is. Die omgewing spreek God se almag. Hierdie is 'n plek waar ek sal kan bly. "
Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika
Rooikat Cottage"Dis net lekker om daar te kuier, of jy gaan om te rus, te stap, om inkopies doen, te eet of koffie te drink.....wat ook al, dis lekkerrrrr!"
Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika
Talking Trees Self-Catering House"Clarens is bekoorlik tussen die berge... baie om te doen om te ontspan!"
Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika
Lake Clarens Guest House"As jy dol is oor spitsverkeer in die middae, die rumoer van motoriste wat gegrief op hulle toeters lê, beswaarde uitdrukkings afgeëts op hul gelaat, en indien die monotoniese geloei van sirenes soos musiek in jou ore is en die nimmereindigende gedreun van motors vir jou emosionele voedingswaarde bied; en indien die pastorale vreedsaamheid van ’n landelike omgewing die vrede in jou gemoed ondermyn, en indien die geruis van die wind in die blare, en die potpourri van afwisselende plaasdiergeluide jou ontstel … moet jy liewers nie na Clarens kom nie. Indien die teendeel wel die geval is … verstaan ek nie waarvoor jy wag nie. Hierdie tyd van die jaar is Clarens die toonbeeld van die idilliese omgewing – sowel die dorp self as die omgewing. Ek hunker reeds daarna om terug te keer."
Clocolan, Malotiroete, Suid-Afrika
Vlakbult Guest Farm"Baie mooi omgewing. Het kersiefees besoek en het die sjokoladefabriek baie interessant gevind. Het ook treingery by Sandstone Estates. Kersie Padstal-middagete geniet. "
Fouriesburg, Malotiroete, Suid-Afrika
Affi Lande Boetiek Guest Farm & wedding venue"Een van die pragtigste omgewings in die land."
Fouriesburg, Malotiroete, Suid-Afrika
Wegkomkans B&B"Fouriesburg het, soos talle ander Vrystaatse dorpies, 'n outydse sjarme waar die mense mekaar ken en ondersteun. Dit is baie rustiger om in Fouriesburg oor te bly as in Clarens."
Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika
Cottage Pie"Clarens laat my voel of ek op 'n ander kontinent is, ontspan van dag een af."
Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika
Jovali"Clarens is 'n mooi toeristebesteming. Dit is 'n besige dorp oor naweke, maar nie te bedruk nie."
Ficksburg, Malotiroete, Suid-Afrika
Bella Rosa Guest House"Need help with good entertainment. Cheap food and drinks."
Ficksburg, Malotiroete, Suid-Afrika
Bella Rosa Guest House"Kersiefees het hulp nodig met die sang se aandprogram. Kunstenaars was swak op die Donderdagaand. Net 20 mense was teenwoordig. "
Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika
La Bri"Would imagine a decent supermarket close by. Would be a boon (e.g. Checkers, Spar etc.)."
Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika
V'Kansi Khaya"Heerlike ontspanning en diversiteit in die dorp. Omgewing is natuurlik beeldskoon!"
Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika
Domaine Sérénité"Besoek gerus die Highlander Espresso bar vir uitstekende koffie!"
Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika
Knock Out View"Dit was wonderlik om in so 'n skoon dorp met sy eie unieke karakter te kuier. Die afwesigheid van die winkels wat orals anders te siene is - die franchises en kettingwinkels - was verfrissend en sorg vir 'n groot deel van die dorp se uniekheid. Die natuurskoon is natuurlik 'n groot pluspunt! Die vriendelikheid van die mense was ook opvallend."
Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika
Jovali"Clarens is 'n oulike toeristebestemming en die feit dat jy op een plek kan parkeer en orals heen kan stap is 'n bonus. Daar is interessante winkeltjies, maar van die items is nogal duur. "
Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika
Rooiland"Dit is 'n baie mooi omgewing en ook baie interessant met al die kunswinkeltjies en eetplekke. Baie beïndruk met die mooi landskap en berge."
Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika
The Nelsbells Cottage"Sal definitief weer in Clarens 'n draai maak."