Geverifieerde Resensie

Maloti Route, South Africa

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Maloti Route, South Africa bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3628 resensies.

Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika

RiverWalk Guest House

"Dit is 'n kosfundi en kunsliefhebber se ideale dorpie en vir die wat iets rustig en warm soek."

Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika

Linwood Guest Farm

"Beautiful surroundings, lovely shops and restaurants were also great. Lovely weekend away!"

Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika

La Bri

"Clarens is 'n interessante naweekbestemming, maar ons sal nie hier vakansie hou nie. Genoeg verskeidenheid om te sien. Sommige besighede se waarde is egter buite Suid-Afrikaners se mark geprys. Die omgewing is 'n bonus vir die siel!"

Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika

Fairview Cottages

"Oulike plek en Elsa van Kokkedoor se restaurant sal ons beslis aanbeveel!"

Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika

Larola Terraces

"Baie plekkies om te besoek en te geniet. Veral die bierproe en drink by die brouery was lekker."

Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika

Fairview Cottages

"Lekker dorpie, heerlike en rustige atmosfeer. Heerlike restaurante, uitstekende gholfbaan en baie besienswaardighede."

Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika

Mooigezicht

"Lovely quaint town. Lots of art stores and good shopping. Be aware that many places including grocers take cash only. Good eating places. Very accessible for day trips. Lots of activities to do in the area."

Belmont, Malotiroete, Suid-Afrika

The Nest

"Kyk uit vir die eenrigtingstrate in Bethlehem."

Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika

Jovali

"Elke jaar is daar minder kuns om te sien. Wil nie al die pad soontoe ry en algemene goed sien nie."

Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika

Mont Rouge

"Beste wegbreekplekkie ooit. "

Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika

The Gables

"Lekker toeristedorpie met genoeg winkels, galerye, restaurante en natuurskoon om van te kies."

Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika

Thaba Lapeng Mountain Escape

"Ons was net buite die dorp waarvoor ons baie dankbaar was. Clarens se dorp self is baie besig. "

Ladybrand, Malotiroete, Suid-Afrika

Ladybrand Guest House

"Daar is 'n paar dinge om te doen rondom Ladybrand. Die dorp se systrate is ongelukkig vol slaggate."

Fouriesburg, Malotiroete, Suid-Afrika

The Farm House @ Mont Plaisir Guest Farm

"Die dorp word mooi opgepas. Ek was nogal verbaas."

Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika

Fairview Cottages

"Dit is voorwaar baie lekker daar. Ek kan dit met 'n geruste hart aanbeveel."

Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika

The Gables

"A friendly cosy little town, with lots of ease and tough outdoor activities. A good choice of restaurants and many interesting shops and art galleries. "

Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika

V'Kansi Khaya

"Wonderlike restaurante, klein winkeltjies en kunsgalerye, asook mooi staproetes wat 'n bietjie beter geadverteer kan word."

Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika

Fairview Cottages

"Dit is n pragtige en rustige dorp met voldoende aktiwiteite. Selfs vir die jonger geslag, wat ons aan enigiemand kan aanbeveel."

Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika

Zwartmodder

"Clarens is 'n rustige dorpie met pragtige berge reg rondom. Winkels en eetplekke maak baie vroeg toe. Daar is baie aktiwiteite in die omgewing om aan deel te neem."

Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika

Die Kruik

"Nie 'n kunskenner nie en daarom was 4 dae genoeg om alles te ervaar. Die berge is 'n belewenis! "

Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika

Knock Out View

"Clarens is 'n goeie sentrale punt om baie van die Oos-Vrystaat te sien. Dit is regtig 'n baie mooi omgewing en natuurskoon. Die mense is vriendelik alhoewel ek dink dat Clarens baie meer potesiaal het as wat die sakegemeenskap daarvan maak. Ons geniet dit om Clarens te besoek."

Fouriesburg, Malotiroete, Suid-Afrika

Oranje Guest Farm

"Pragtige omgewing. Sal graag meer wil verken. "

Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika

Cottage Pie

"Ons het Clarens in Desember 2016 besoek en die omgewing was lieflik groen en beeldskoon. Dis 'n absolute moet vir natuurliefhebbers. Die dorpie bied ongelukkig nie 'n groot verskeidenheid winkels wat kruideniersware verkoop nie, so bring maar saam wat jy nodig het (veral oor die piek Desember tydperk). 'n Besoek aan die Golden Gate Nasionale Park is natuurlik ook 'n moet as 'n mens 'n paar dae in Clarens is. "

Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika

Accommodation @ The Spa

"Clarens is 'n pragtige plekkie, was heerlik om al die winkeltjies en eetplekke te besoek en net die skoonheid te bewonder. Die diens in meeste van die restaurante is iets wat kan verbeter, maar andersins was dit baie aangenaam. Sal vir seker weer gaan vir 'n wegbreek tydjie."

Blad
Blad 100 - Wys 2971 tot 3000
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang