Geverifieerde Resensie
Maloti Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Maloti Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3706 resensies.
"Ons is baie verlief op Clarens, ongelukkig is die pryse in die verskillende winkels so dat jy nie regtig kan bekostig om iets te koop nie. Die eetplekke se pryse is nog binne perke."
"Clarens is so sentraal aan baie vakansie aktiwiteite insluitend perdry in Golden Gate, staproetes in Golden Gate, Ziplining, White water rafting, putt-putt, vierwielmotorfietsritte, gholf, staproetes in die Clarens Beware, tennisspeel, visvang ens. Ons kom altyd huistoe uitgerus en vervul na 'n Clarens vakansie."
"Clarens is 'n baie lekker toeristebestemming en die afstand vanaf Johannesburg en Pretoria maak dit ideaal om te besoek vir 'n langnaweek."
"Dit is 'n pragtige dorpie, met vriendelike inwoners. Dit is die enigste plek wat ek nog gesien het, waar die mense water bakke buite los vir dors honde! Die gesnuffel in die winkels weeg net baie swaar op jou beursie! Sal beslis weer gaan."
"Clarens is 'n lieflike toeristebestemming. Daar is wel nie veel is om te doen in die dorp self met klein kindertjies nie. Sou lekker gewees het as daar dalk 'n tipe van 'n "play park" was waar hulle bietjie kon speel."
"Een puntjie van kritiek: Brood is so skaars soos hoendertande! Daar is 'n bakkery, maar die maak net oop as dit hulle pas. Dan bak hulle net 'n paar broodjies en klaar. Oral kan jy allerhande soorte broodmeel koop, maar o wee, geen iets wat lyk soos 'n broodpan nie. Die mense lag as jy vra vir 'n broodpan. Verder was dit regtig baie lekker. Lekker interessante winkeltjies, interessante eetplekke. Ons sal beslis weer by Clarens en natuurlik LA BRI gaan kuier. Dankie ook vir LekkeSlaap se wonderlike hulp."
"Seker nie almal se tipe bestemming nie, maar 'n soort rustigheid wat byval vind. Interessante winkeltjies en eetplekke. Die uitsig is wonderlik. Dit is tog na genoeg aan die Gauteng mekka om die pragtige plekkie te besoek. Was heerlik."
"Clarens kort 'n behoorlike inligtingsburo. Pryse is buitengewoon HOOG. Die ou poskantoor was die allerlekkerste plek om te ontdek!"
"Ladybrand moet so vinnig as moontlik hul skouers optrek met hul historiese erfenis. Die museum se saga is iets vir die dorp om hulself te skaam. "
"Fouriesburg het mooi ou geboue, maar moet meer die Clarens roete gaan om toeriste te trek. Sal sin vir hulle maak om die 2 dorpe te "link" en nie elkeen sy eie ding wil doen nie. Daar is so baie wat hulle saam kan bied."