Verified Reviews
Maloti Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Maloti Route
Rated 4.6 out of 5 based on 3575 reviews.
"Beeldskone omgewing, baie lekker kos en kuier plekkies. Te veel mooi goed om na te kyk en te koop. Mal daaroor."
"Lovely weekend destination, picturesque little town with lots to do and see. "
"Baie skoon en het verskriklike lekker koffie. Beste eetplek is Clementines."
"Die dorpie is vervalle en nie skoon nie, maar die uitsig is pragtig."
"Lieflike dorp met 'n besonderse atmosfeer. Sal 'n besoek aan Clarens enige tyd vir vriende aanbeveel."
"Pragtige dorpie. Mooi kunswerke. Natuurskoon is asemrowend mooi deur ons Skepper geskilder."
"Clarens is 'n pragtige plek. 'n Mens voel tuis en dis baie aangenaam daar. Dit is ook duidelik dat daar moeite gedoen word om die dorp mooi en netjies te hou. Clarens is beslis 'n oase in daardie omgewing en die inwoners kan trots wees op hul dorp."
"Goeie oornag- en naweekbestemming. Interessante winkeltjies en lekker restaurante."
"Te min restaurante beskikbaar vir aandete! Het vergeet om te bespreek en kon nêrens geholpe raak nie!"
"Enigste nadeel is dat ander mense die parkeer-afdak van Villa 176 heeltyd beset het en ons sonder 'n afdak moes klaarkom."
"Wat 'n verrassing! Bring minstens 'n volle dag net in dorpie deur. Uitstekende restaurante."
"Baie sentraal geleë vir besoeke aan besienswaardighede in die omgewing soos AfriSki, Golden Gate en Clarens."
"Baie lekker maar 'n naweek is genoeg om alles te sien as ek langer gebly het sou ek verveeld gewees het."
"Dit is 'n ideale toeristebestemming, alhoewel vir Suid-Afrikaners bietjie duur. 'n Mens moet net genoeg vrugte en groente saamneem as jy self etes wil voorberei, aangesien dit nie volop beskikbaar is nie."